Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die vaste tye van son en maan

Psalm 104 besing God se lof aan die hand van verskeie aspekte van sy skepping. In vers 19 hou dit verband met die ritmes van die natuur: “U het die maan gemaak om die vaste tye mee aan te gee, die son weet wanneer om onder te gaan.” Moderne mense kan nog verstom staan oor die skoonheid van ’n sonsondergang soos dié in die Rietvlei-na­tuurreservaat in Pretoria op die foto, maar ons is minder bewus van die son en maan as aanduiders van ons tyd. Daarvoor gebruik ons horlosies en kalenders. Daar verskyn selfs Christelike jaarbeplanners wat nie die fases van die maan aandui nie, omdat party gebruikers daarvan volmaan met heidense praktyke assosieer. Die digter van Psalm 104 weet egter dat dit God is wat dit so gemaak het. En of die mens sy tyd aan die hand van die son en maan, of met horlosies en kalenders meet, dit bly uiteindelik in God se hand.

Lees ook: As U U terugtrek

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top