Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Sinode: Dit gons oor dié video

’n Video wat kykers insae gee tot voorbeelde van die grensoorskrydende en plek-plek skokkende opmerkings waaraan vroue in die amp blootgestel is, het sinodegangers Dinsdag by tye na hul asems laat snak. In die video word die uitlatings deur mans voorgelees. Dis opmerkings soos dié:

“Jy is so ’n mooi dingetjie, die mans gaan nie die preek hoor nie.”

“Ons wil nie jou onderarms sien met die seënuitspraak nie.” 

“’n Vrou kan nie nagmaal bedien nie. Dit klink net nie reg nie.”

“Weet jy watter onreg doen jy jou man en kinders aan?”

Hierdie is net ’n paar van die opmerkings wat in 2019 deur mans én vroue in NG gemeentes gemaak is.

Die video was deel van ’n tipe “show, don’t tell”-benadering wat dr Carin van Schalkwyk van die Vrystaat Sinode gevolg het tydens ’n voorlegging oor gendergelykheid op die derde dag van die Algemene Sinode-sitting in Benoni. 

(Waarskuwing: Hierdie video mag sommige kykers ontstel).

Voor die speel van die video het Van Schalkwyk vertel hoe sy as jong vroulike predikant in Philippolis gou besef het dat sy ’n “kwotaspeler” is. Lidmate het verwag dat sy as vrou nie kan huisbesoek doen nie en ook nie op grondpaaie na lidmate kan ry nie. “En wat gaan gebeur as jy kinders kry?” is ’n vraag wat telkemale aan Van Schalkwyk gevra is.

Hierna het dr Fanie Cronjé, Van Schalkwyk se mede-aanbieder, gesê dat hulle nie vir ’n “kwotastelsel” vra nie. “Ons pleit vir gemeenskaplike vryheid,” het Cronjé gesê. 

Volg regstreekse nuusdekking van die sinode hier.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top