#ImstayingintheDRC sê dié dominee

Die Algemene Sinode van die NG Kerk is Woensdagoggend uitgedaag om die gees van die Facebookgroep #Imstaying oor te dra na die kerk. #ImstayingintheDRC.

Ds Almatine Leene het aan die hand van Filippense 2:1-5 gepraat oor eenheid en eensgesindheid. Dat mense in die kerk verskillend is, het sy gesê, is nie ’n probleem nie. Die probleem is dat mense nie eensgesind is nie.

Eensgesindheid begin by die God van liefde, het sy gesê. In die kerk is almal gebroke mense wat troos nodig het. In die kerk kies mense mekaar nie, mense word aan mekaar gegee.

Sy het verwys na die Facebookgroep #Iamstaying waarin mense verhale van meelewing met mekaar vertel, verhale wat wys dat liefde oor rassegrense strek.

Lees ook: Kerkbode se regstreekse blog oor die sinode

Leene, wat uit Nederland kom, het gesê dat sy in Suid-Afrika ’n dominee kon word. Die land het haar baie geleer oor diversiteit.

Sy het verwys na die teoloog Henry Nouwen wat gesê het dat gelowiges moet fokus op armes – nie omdat die armes hulle nodig het nie, maar omdat hulle die armes nodig het.

Sy reken ’n mens kan dié uitspraak baie wyer trek as net armes.

“Ons moet bereid wees om ander hoër te ag as onsself,” het sy gesê. “In die kerk kan ons #Imstaying in die regte lewe doen: #ImstayinginChrist, #ImstayingintheDRC”.

One thought on “#ImstayingintheDRC sê dié dominee

  1. Ewan Oberholzer says:

    Elke jaar word daar meer as 1,000,000 babatjies gebore in ons land. Meer as 60% van hulle het nie pa’s nie. Hierdie is ‘n tendens wat toeneem.
    Daar is ‘n generasie kinders wat glad nie ‘n pa het nie. Ons wêreld smag na mans wat pa’s is!

    Onlangs is daar beslis dat dit onwettig is om jou kind pak te gee deur dieselfde hoofregter wat vandag by die Algemene Sinode gaan praat.

    Ons boere gaan deur van die swaarste droogte in 100 jaar.

    Ons vermoor mekaar teen 57 mense per dag.

    En waaroor gesels en besluit die Algemene Sinode?

    Ek kan nie help om te dink dat die einde vir die NG Kerk aangebreek het nie!

    God word ‘n sentimentele ou man gemaak wat alles maar aanvaar ter wille van die vrede sodat almal ruimte het om te sê en te doen wat hulle ookal wil en dink, want ons is mos almal in Christus!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *