Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuwe stem

’n Mens kan Jaco Strydom dalk ’n “ou bekende nuweling” noem wanneer ons hom hierdie week verwelkom as Kerkbode-rubriekskry­wer. Hy bring boonop ’n stukkie tegnologiese vernuwing met hom saam wanneer hy tegelyk ’n klankopname as potgooi met sy skrywes lewer en lesers so uitnooi om daarna te gaan luister op kerkbode.co.za onder die Rubrieke-afdeling. Jaco se werk met weerloses en dikwels stemloses het deel van die krag van sy eie stem geword, in welke formaat ookal, van boek, tot Beeld, tot blog. En nou sien ons uit om te hoor watter stories hy vir ons kom vertel.

Aan ’t skeur of gestres?

’n Mens se woordeskat en beelde is beperk – toegegee. Maar soms voel dit asof daar gepraat en berig gedoen word oor die kerk asof “skeur” die vernaamste ding is wat kan skeef­loop. Wat van spanning … dood­gewone stres, wonder ek toe ek onlangs dr Gabor Maté se boek When the body says no lees. Die Kanadese geneesheer verduidelik dat stres drie komponente het: Die voorval wat die organisme as bedreigend interpreteer. Dan is daar die sisteem wat die betekenis van hierdie “stressor” interpreteer (in die mens se geval is dit die brein). En die laaste komponent is die reaksie op die spanningsdruk. Dit is die so­ge­naamde “stress response”.

Maté meen ons samelewing kyk stres vlak en moet die skakel tussen stres en ander gesondheidsteen­spoed begin raaksien. “Stress response” is dalk vir jou ook een van daai vaktaalwoorde wat jy eers nie mooi verstaan nie, maar dan later besef: Wag, ek het eintlik al vele sulke oomblikke beleef en / of om my gesien. Daar waar ek te vinnig en vreesagtig opgetree het. Waar iemand kop verloor het. Wetenskaplikes vertel hoe kwaai laboratoriumrotte se liggame inwendig verniel word wanneer hierdie diere aan stressors blootgestel word. Kliere, limforgane, ingewande … alles vat pak. Die spesifieke dier en die onaangename detail uit die nadoodse ondersoek maak uiteraard nie in hier­die blaaie saak nie. Maar wel een van die gevolgtrekkings waartoe Maté kom: “The research has identified three factors that universally lead to stress: uncertainty, the lack of information and the loss of control.”

Duskant die respons: Dáár lê die ding.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top