Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ekumeniese kring by Kweekskool breër na ooreenkoms met Lutherane

Studente van die Verenigde Evangelies-Lutherse Kerk in Suider-Afrika (UELCSA) sal voortaan by die Fakulteit Teologie (FT) aan die Universiteit Stellenbosch (US) opgelei word na ’n ooreenkoms tussen die US se kweek­skool en UELCSA middel Fe­bruarie gesluit is.

LEES OOK: Hugenote Kollege vra sinodes: Stuur voete na dié kursus

Dr Eddie Orsmond, Predikant in Sinodale Diens: Kerklike Opleiding, verduidelik wat dié ooreenkoms prakties behels: “Die Lutherse Kerk (UELCSA) het met die ondertekening van die ooreenkoms met die US nou amptelik deel geword van die strukture van die Fakulteit Teologie waarby hulle reeds die afgelope ongeveer drie jaar ingeskakel het. Dit behels die Ekume­niese Raad van die Fakulteit Teologie asook die Gesamentlike Seminarium van die VGK en NG Kerk by die Fa­kulteit Teo­logie. Die Ekumeniese Raad koördineer die deelname van die ses kerklike vennote wat reeds amptelike ooreenkomste met die Fakulteit Teologie gesluit het. Die seminarium is verantwoordelik vir die kerklike vor­mings­program vir die studente van drie van die kerklike vennote. Hierdie program fokus op bedie­nings- en geloofs­vorming van die studente met die oog op hulle voorgenome bediening in die onderskeie kerke,” het Orsmond gesê.

Hermann Duvel, ’n UELCSA-student in sy vierde jaar by die FT, sê hoewel die ooreenkoms nou eers gesluit is, het hy die laaste vier jaar baie welkom in die FT gevoel. “Die Teologie Fa­kulteit van US, sowel as die NG/VG Kerk se seminarium waaraan ek die laaste vier jaar kon deelneem, laat ’n mens welkom en uitgedaag voel. Die seminarium het op ’n verwelkomende manier spasie gegee om die ander studente beter te leer ken en ’n bietjie oop oor die uitdagings wat ek ondervind te gesels,” vertel Duvel.


No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top