Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hugenote Kollege vra sinodes: Stuur voete na dié kursus

Hugenote Kollege op Wellington bied nou ‘n kreatiewe manier van samewerking aan gemeentes om die NG Kerk se missionale fokus uit te leef deur die nuwe Skool van Sosiale Innovasie.

Dié Skool wil integriteit en deursigtige regering bevorder en samelewingstrukture versterk, luidens ‘n verklaring deur prof Nelus Niemandt, die rektor.

Sinodes word aangemoedig om ‘n besondere toerustingsgeleentheid te ondersteun en leierskap in sinodale streke te versterk. “Daarom word sinodes versoek om elk vyf persone te ondersteun om ‘n aanlyn-kursus in “Sosiale Leierskap en Entrepreneurskap” by te woon,” luidens die verklaring. Hierdie kursus beloof om predikante en gemeenteleiers toe te rus om die vaardighede te ontwikkel om ‘n missionale teologie binne gemeenskappe te implementeer.

Kontak Ulrike Hanekom vir meer inligting by ulrike@civinovus.co.za.


Sosiale Innovasie en leierskapstoerusting by Kerkbode on Scribd

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top