Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus 21 Augustus 2026)

  • Hierdie kennisgewings is op 21 Augustus opgedateer.
  • E-pos kennisgewings oor beroepe (uitgebring, aanvaar en bedank), predikante wat emeriteer, rings- en sinodale vergaderings na kerkbode@tydskrifte.co.za

BEROEP 

Ds JH (Rikus) Hattingh van Pellissier na Onrusrivier; ds PG (Gerhard) Meyer van Langenhovenpark na Margate; ds M (Morne) Steenkamp na Fairland

AANVAAR 

Ds G (Gustav) van Zyl van NHKA Phalaborwa na NGK Phalaborwa 

WES-KAAPLAND 

BEROEP

Hiermee gee die kerkraad van NG Kerk Onrusrivier kennis dat ds Rikus Hattingh op 12 Augustus 2026 beroep is vanaf die NG Gemeente Pellissier as voltydse predikant. (Jani du Plessis-Malherbe, skriba: NGK Onrusrivier; 14.08.2026).

KWAZULU-NATAL

BEROEP

Hiermee gee ek graag kennis dat die NG Gemeente van Margate vir ds Gerhard Meyer van NG Gemeente Langenhovenpark beroep het. (Ds Lerisa Meyer, leraar: NG Gemeente Margate, 18.08.2026).

HOËVELD

BEROEP

Hiermee gee NG Gemeente Fairland kennis dat ds Morné Steenkamp op 13 Augustus 2026 deur die kerkraad beroep is as tentmakerpredikant van NG Gemeente Fairland. Die beroep is tydens ’n behoorlik gekonstitueerde beroepsvergadering van die kerkraad uitgebring. (Olga van der Westhuizen, kantoorbestuurder/skriba: NG Gemeente Fairland, 18.08.2026).

OOSTELIKE

BEVESTIGING

Ds Gustav van Zyl van NHKA Phalaborwa is op 16 Augustus 2026 bevestig by die NG Kerk Phalaborwa se gemeente. Die bevestiging is waargeneem deur dr Johan Botha, uitvoerende beampte, Oostelike Sinode. (Yolandi Bronkhorst, saakgelastigde: NG Kerk Phalaborwa, 18.08.2026).

SINODESITTING

Hiermee deel ek graag die amptelike kennisgewing van die twee en twintigste gewone sinodevergadering van die Oostelike Sinode wat plaasvind van 15 tot 17 Oktober 2026 te Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie, Baltimoreweg 14, Pierre van Ryneveld-park. (Dr Johan Botha, uitvoerende amptenaar: Oostelike Sinode, 29.07.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids. Navrae: Hélene Meissenheimer, e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top