- Hierdie kennisgewings is op 21 Augustus opgedateer.
- E-pos kennisgewings oor beroepe (uitgebring, aanvaar en bedank), predikante wat emeriteer, rings- en sinodale vergaderings na kerkbode@tydskrifte.co.za
BEROEP
Ds JH (Rikus) Hattingh van Pellissier na Onrusrivier; ds PG (Gerhard) Meyer van Langenhovenpark na Margate; ds M (Morne) Steenkamp na Fairland
AANVAAR
Ds G (Gustav) van Zyl van NHKA Phalaborwa na NGK Phalaborwa
WES-KAAPLAND
BEROEP
Hiermee gee die kerkraad van NG Kerk Onrusrivier kennis dat ds Rikus Hattingh op 12 Augustus 2026 beroep is vanaf die NG Gemeente Pellissier as voltydse predikant. (Jani du Plessis-Malherbe, skriba: NGK Onrusrivier; 14.08.2026).
KWAZULU-NATAL
BEROEP
Hiermee gee ek graag kennis dat die NG Gemeente van Margate vir ds Gerhard Meyer van NG Gemeente Langenhovenpark beroep het. (Ds Lerisa Meyer, leraar: NG Gemeente Margate, 18.08.2026).
HOËVELD
BEROEP
Hiermee gee NG Gemeente Fairland kennis dat ds Morné Steenkamp op 13 Augustus 2026 deur die kerkraad beroep is as tentmakerpredikant van NG Gemeente Fairland. Die beroep is tydens ’n behoorlik gekonstitueerde beroepsvergadering van die kerkraad uitgebring. (Olga van der Westhuizen, kantoorbestuurder/skriba: NG Gemeente Fairland, 18.08.2026).
OOSTELIKE
BEVESTIGING
Ds Gustav van Zyl van NHKA Phalaborwa is op 16 Augustus 2026 bevestig by die NG Kerk Phalaborwa se gemeente. Die bevestiging is waargeneem deur dr Johan Botha, uitvoerende beampte, Oostelike Sinode. (Yolandi Bronkhorst, saakgelastigde: NG Kerk Phalaborwa, 18.08.2026).
SINODESITTING
Hiermee deel ek graag die amptelike kennisgewing van die twee en twintigste gewone sinodevergadering van die Oostelike Sinode wat plaasvind van 15 tot 17 Oktober 2026 te Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie, Baltimoreweg 14, Pierre van Ryneveld-park. (Dr Johan Botha, uitvoerende amptenaar: Oostelike Sinode, 29.07.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids. Navrae: Hélene Meissenheimer, e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
