Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

’n Paar gelowiges van Touwsrivier het op die vooraand van Paasfees met Kerkbode gesels oor die vooruitsig om as saamgevoegde gemeente Paasfees te vier. “Dis net deur God se genade wat ons vandag hier staan,” het Johannes Harley, geklee in ’n oranje hemp, gesê. Langs Harley is Magdalena Klein, Gerhard du Toit, Courtney Klein en Berend Lottering. Foto’s: Robert Cable

KYK: Paasfees dui op ’nuwe lewe in oorvloed’

Die groepie mense wat voor die NG kerkgebou op Touwsrivier vir die Kerkbode-span staan en wag, woon al jare op dié Karoodorp. Van een lidmaat wat al so lank as 46 jaar hier woon, en in die einste gebou kom aanbid, tot ’n lidmaat wat op 38-jarige ouderdom geen ander dorp as tuiste ken nie.

 

Ons besoek vind kort voor Paasnaweek plaas, maar daar is iets wat tog anders is aan die vooruitsig van seker dié belangrikste gebeurtenis van die kerkjaar. Vir die eerste keer gaan die lidmate van die NG Kerk en die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) op Touwsrivier nie in aparte kerkgeboue nie, maar saam in een gebou Paasfees vier.

LEES OOK: Eenheid: Gemeentes omhels in die Karoo

“Paasfees is ’n tyd waar ons families bymekaarkom,” sê Courtney Klein, wat al jare die leierouderling by die VGK gemeente is. Net so is dié twee plattelandse gemeentes saamgevoeg en kan hulle nou vir die eerste keer saam nagmaal vier, het Klein verduidelik.

Berend Lottering, reeds vir jare skriba van die VGK, se vrou is sowat ’n maand en ’n half gelede aan Covid-19 oorlede. Ten spyte van sy hartseer hou hy vas aan die hoop van die Paasboodskap, het hy vertel. Foto: Robert Cable

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “KYK: Paasfees dui op ’nuwe lewe in oorvloed’”

  1. En na paas naweek dien ons weer apart. Ek kan nie anders as om te wonder hoe die broers en susters met mekaar sal omgaan in die hemel.

    Ek was deel van n poging om vgk en ng gemeente saam te laat vloei. Dit het gedrup van valsheid.

Comments are closed.

Scroll to Top