Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Foto: Erns Grundling

Pelgrimspad

Dit was maar die tweede groep stappers wat onlangs van Uniondale tot Mosselbaai gestap het en so hulle lyf pelgrims gehou het. Ons berig breedvoerig oor hier­die beplande nuwe toevoeging tot die Pelgrimstog van Hoop. Tyd sal leer tot hoe ’n mate hierdie roete homself in die tydsgees en stappers se jaarbeplanners vestig. Dit is ’n ervaring om met soveel gasvryheid ontvang te word deur boere en die hele Langkloofland­bougemeenskap in ’n deel van die wêreld wat miskien nog nie heeltemal die besoekers-buzz van ’n Oudtshoorn met sy gevestigde kunstefeesritmes of George met sy hordes Tuinroete-voete het nie. Daar is langs hierdie agterpad­roete wat vir pelgrims berei is deurgaans ’n opvallende kontras: Baie hartlikheid en geselsies met mense langs die pad. Asook ’n stilte wat jou saam stilmaak.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top