Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die opstanding daag ons uit om oor die bekende wêreld te dink uit die onbekende wêreld, wat herstel is deur God. Só verduidelik prof Marius Nel in die videogesprek hieronder.

KYK: Wat beteken Jesus se opstanding vandag vir gelowiges?

“In Christus se opstanding, sien ons die eerste tekens van die herstelde wêreld,” sê prof Marius Nel, dosent in Nuwe Tes­tament aan die Universiteit Stellenbosch, in gesprek met dr Heerden van Niekerk. Kyk die volledige onderhoud hieronder.

Meer oor hierdie videoreeks: Die dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het ’n reeks van meer as 13 video’s gemaak waarin lede van die Moderamen, asook dosente van die NG Kerk aan die ekumeniese fakulteite bydraes lewer onder die tema: So glo, leer en getuig ons.

Die gesprek gaan oor die NG Kerk se oortuigings, praktyke en prosedures, volgens ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die ASM. “(Ons) vertrou dat die video’s benut sal word deur leraars en kerkrade om die NG Kerk se standpunte te belig, te bespreek en perspektief te bied waar dit nodig is,” het Janse van Rensburg gesê. 

  • PRAAT SAAM: Lewer gerus kommentaar onderaan dié berig. Lees ons kommentaarbeleid HIER
  • Bybel-Media en Kerkbode tree as vennoot op met die publikasie van hierdie video.
  • Lees HIER meer oor hoe jy Kerkbode kan ondersteun deur ’n Vriend van Kerkbode te word.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top