Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Wat is die drie mylpale van teologiese opleiding? Luister na die gesprek in die video hieronder.

Kyk: Teologiese opleiding wil geroepenes ‘vorm in hul karakter’

Dit mag wees dat mense dink teologiese opleiding is maar net kennis wat jy opdoen, teologiese kennis wat jy opdoen deurdat jy grade verwerf,” verduidelik dr Frederick Marais in die videogesprek hieronder. “Dis beslis deel daarvan, maar die prentjie is groter,” sê die NGK se voorsitter van die Algemene Kuratorium. “Ons wil graag mense wat God geroep het vir die bediening vorm in hulle karakter. Dit sluit in hulle geloof, hulle persoonlike verhouding met God, hulle roeping en die integrasie van leer en lewe.” Luister die volledige gesprek hieronder.

Meer oor hierdie videoreeks: Die dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het ’n reeks van meer as 13 video’s gemaak waarin lede van die Moderamen, asook dosente van die NG Kerk aan die ekumeniese fakulteite bydraes lewer onder die tema: So glo, leer en getuig ons.

Die gesprek gaan oor die NG Kerk se oortuigings, praktyke en prosedures, volgens ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die ASM. “(Ons) vertrou dat die video’s benut sal word deur leraars en kerkrade om die NG Kerk se standpunte te belig, te bespreek en perspektief te bied waar dit nodig is,” het Janse van Rensburg gesê. 

  • PRAAT SAAM: Lewer gerus kommentaar onderaan dié berig. Lees ons kommentaarbeleid HIER
  • Bybel-Media en Kerkbode tree as vennoot op met die publikasie van hierdie video.

Lees HIER meer oor hoe jy Kerkbode kan ondersteun deur ’n Vriend van Kerkbode te word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top