‘Geloofsvorming moet brug bou tussen geloofskennis en toepassing van geloof’

Anriëtte de Ridder, die ondervoorsitter van die Algeme Sinode Taakspan vir Geloofsvorming: Jeug, vertel meer oor eietydse geloofsvorming, waar nie net kennis belangrik is nie, maar ook verhoudings.

Meer oor hierdie videoreeks: Die dagbestuur van die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het ’n reeks van meer as 13 video’s gemaak waarin lede van die Moderamen, asook dosente van die NG Kerk aan die ekumeniese fakulteite bydraes lewer onder die tema: So glo, leer en getuig ons.

Die gesprek gaan oor die NG Kerk se oortuigings, praktyke en prosedures, volgens ds Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die ASM. “(Ons) vertrou dat die video’s benut sal word deur leraars en kerkrade om die NG Kerk se standpunte te belig, te bespreek en perspektief te bied waar dit nodig is,” het Janse van Rensburg gesê. 

  • PRAAT SAAM: Lewer gerus kommentaar onderaan dié berig. Lees ons kommentaarbeleid HIER
  • Bybel-Media en Kerkbode tree as vennoot op met die publikasie van hierdie video.
  • Lees HIER meer oor hoe jy Kerkbode kan ondersteun deur ’n Vriend van Kerkbode te word.