Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die skrywer Danny Fourie, een van die aanbieders van Andrew Murray-prysfondsaand, gesels met dr Carike Noeth, een van die beoordelaars met vanjaar se toekennings. Foto: Skermgreep uit video

Kyk: Andrew Murray-prysfonds se pryse-partytjie

‘n Video van die hele program van die Andrew Murray-prysfonds se pryse-partytjie Sondag 5 Desember kan nou op Kerkbode se webblad gekyk word.

Die video is die webweergawe van die program wat op kykNET was. Die videoteks is versorg deur Frits Gaum, voorsitter: Andrew Murray-prysfonds.

 

Die aanbieders van die pryspartytjie is die skrywers Bettina Wyngaard en Danny Fourie.

Lees meer oor vanjaar se pryswenners: Boek oor skop, skiet en bekering onder die wenners van Andrew Murray-prysfonds

  • Die Andrew Murray-prysfonds, wat pryse toeken vir Christelike en teologiese media in amptelike tale van Suid-Afrika, bestaan al langer as veertig jaar. Dit het algaande  prestige-pryse geword en die koppeling van Andrew Murray en Desmond Tutu se name aan een van die pryse, is ook ‘n teken van versoening – en van God se sin vir humor, soos emeritus-aartsbiskop Tutu daarna verwys.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top