Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die eerste artikel-reeks op Kerkbode se webblad kyk na die uitwerking wat die Covid-19 pandemie op NG predikante gehad het. Die skrywer is ds Marileen Steyn.

Ons wil jou storie hoor

Geborg

Hierdie is 'n rubriek. Die opinies van skrywer weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Joernalistiek gaan tot ’n groot mate daaroor om tot die punt te kom. Om nie ’n storie met onnodige ommehaal te vertel nie. 

Maar daar is ook plek vir die opsie van ’n lekker stewige artikel-reeks, wat ’n onderwerp sistematies bekyk en vanuit ’n paar oorspronklike hoeke toelig. 

Oplettende webgebruikers sal ’n nuwe knoppie in die navigasiekolom op die tuisblad van www.kerkbode.co.za opmerk. Dit heet ‘Reeks’ en die tema van ons eerste aflewering is die uitwerking van die Covid-19 pandemie en hang saam met vier vrae wat een Kerkbode-medewerker (ds Marileen Steyn) aan meer as 40 dominees gaan vrae het:

  • Wat was jou belewenis van 2020?
  • Hoe het jy ge-cope?
  • Watter “geskenk” het Korona vir jou gegee?
  • Wat het in jou teologie gebeur?

In die 18 Februarie-uitgawe van Kerkbode (op bl 9 – 11) gee ons ’n proesel van enkele van hierdie profiele, maar gaan lees gerus die volledige pakket aanlyn.

En belangriker nog: Deel met ons jou antwoorde op dieselfde vrae. Ons wil jou storie hoor. Praat met ons by kerkbode@tydskrifte.co.za 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top