Predikante in ’n pandemie

Leraars praat oor die pandemie se straf én geskenke

In die middel van die Covid-19-pandemie het Marileen Steyn onderhoude met meer as 40 predikante gaan voer. Sy wou hoor:
· Wat was jou belewenis van 2020?
· Hoe het jy ge-cope?
· Watter “geskenk” het Korona vir jou gegee?
· Wat het in jou teologie gebeur?

Steyn sê oor die projek: “Wat die resultaat bied, is iets soos ’n tydkapsule. Iets wat jare later ons kan help verstaan hoe die tyd gelyk het, wat mense se belewenis van die pandemie was. Dit is woordportrette van NG predikante in ’n spesifieke tyd: aan die einde van 2020. Miskien is dit belangrik om dit van die begin af duidelik te maak dat baie van die predikante reeds ses maande na ons onderhoude laat weet het dat hulle en hulle gemeentes op heel ander plekke is. Dit is juis die punt van ’n tydkapsule. Dit verteenwoordig ’n oomblik, nie ’n ewigheid nie.”

Hierdie navorsingsprojek is in samewerking met die Sinode van Wes-Kaapland gedoen.

‘Om outentiek te wees’

Marileen Steyn in gesprek met Enel Lambrechts As jy by die venster uitkyk, kan jy dalk Knysna se bekende Koppe sien. Maar dis nie dít wat vandag my aandag vra…

‘God is die Een wat langs sy mense loop’

Marileen Steyn in gesprek met René Potgieter Ons sit rustig in die gemeente se gebedskamer – en ek hou daarvan. Dit pas boonop by die bietjie wat ek al van…

Om nie na méér te streef nie …

Marileen Steyn in gesprek met Marizanne Pfeil-Wessels Marizanne is pas nadat sy afgestudeer het na die NG gemeente Helderberg beroep, en is daar bevestig met die opdrag om die Hoop…

‘As dit net oor mý gaan, wat is die punt?’

Marileen Steyn in gesprek met Alex Clark. Tussen Ceres en Citrusdal loop ’n pad die Koue Bokkeveld in. Langs daardie pad, in die skadu van Skurweberg, is ’n klein dorpie…

‘God speel wegkruipertjie’

Marileen Steyn in gesprek met Johann Winterbach.  Op ’n grys dag in George is Johann se gunstelingkoffiewinkel ’n welkome tuiste. Die kafee is vol kuns, dis kleurvol en daar is…

‘As jy by die Vaderhuis begin, kan jy enigiets doen’

Marileen Steyn in gesprek met Piet en Sarizé Retief.  Vra my nie waarom ek, telkens as ek oor ’n brug ry, eers probeer kyk of ek water sien nie. Miskien…

‘Ek het ’n begeerte aan kontak’

Marileen Steyn in gesprek met Helené Fouché. Wanneer ek deur Brackenfell ry en in die naasliggende Kuilsrivier beland, kom ek dadelik ’n verskil agter – alhoewel my taal opraak as…

Om voortdurend tussen sleg en slegter te moes kies

Marileen Steyn in gesprek met Elzanne van der Westhuizen. Ek sal nooit weer aan Elzanne kan dink sonder om te onthou hoe sy met haar volgroeide borderkollie in haar arms…

‘Cope julle?’

Marileen Steyn in gesprek met Clifford James. Eers sien jy die windturbines. Dan word jy daarvan bewus dat die lang, reguit pad tussen die Weskus en Malmesbury geleidelik in ’n…

‘Ek weet nie meer wat om vir die Here te sê nie’

Marileen Steyn in gesprek met Simon Theron*.  Ek ry in die Groot-Karoo. Om my lê die landskap uitgestrek. En swart – die uitmergelende droogte se greep is alte sigbaar. Die…

‘Ons almal is op die een of ander manier gestrem’

Marileen Steyn in gesprek met Andri Eloff. Ek het Andri maar enkele weke voor ons gesprek ontmoet. Ons was saam by ’n kursus en hy het tydens die ysbreker homself…

‘Daar is mense met wie ek nou nooit weer nié sal saamwerk nie’

Marileen Steyn in gesprek met Wynand Breytenbach.  Hy ontmoet my by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit in Wellington waar hy besig is met sy boeke. Nog voordat ons behoorlik…

Om tussen twee wêrelde te beweeg

Marileen Steyn in gesprek met Franco Joubert* Dis een van daardie dorpies waar almal behalwe die beeste jou groet. Die son sit net op die regte plek om aan elke…

‘Om minder besig te wees, en net soveel of selfs meer te bereik’

Marileen Steyn in gesprek met Bernard Nienaber* Ek ry na die gemeente om met Bernard te gaan gesels, en dit voel asof ek op ’n soort naat beweeg: Links is…

‘Die kerk moet haar stem terugkry’

Marileen Steyn in gesprek met Janlu Kuyler Robertson is bekend vir vrugte – en vir wyn. Hoe gepas is dit dan dat Janlu, die predikant by Robertson Moedergemeente, se huis…

‘Ek weier eenvoudig om negatief te word’

Marileen Steyn in gesprek met Andries Potgieter Oudtshoorn-Welgeluk se pastorie is heerlik koel in die Klein-Karoo se hitte. Ek en Andries gesels oor die warboel emosies wat hy die afgelope…