Hierdie skrywe is deel van Kerkbode se nuwe gespreksforum vir teologiese studente. Hierdie afdeling is in ’n toetsfase. Bydraes word nie voor publikasie deur Kerkbode se proefleser versorg nie.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Jan Stadler van Beaufort Wes skryf: Wanneer ’n mens my ouderdom bereik en weer begin studeer, kom jy gou agter dat jou brein nie meer n spons is nie maar ’n sif geword het.
Wanneer jou ouers toe jy 10 jaar oud was aan jou genoem het dat jy eendag n dominee gaan word en jy begin studeer op 55 … dan het die Here met jou ’n lang pad geloop.
Almal van ons het ’n storie maar myne is seker van die grootste genade ooit. My getuienis is dat die Here jou nooit los nie – al loop jou lewe ook watse draaie. Die feit dat my kerk vir my die kans gegee het om my roeping te kan uitleef is ’n getuienis op sy eie.
Swot jy teologie? Kyk dié nuwe platform
Ek sal die NG Kerk vir altyd dankbaar wees vir die geleentheid. So tussen die internet en Beaufort Wes-Engels gaan dit partydae maar broekskeur. Ek het ten eerste die Bedienaars kursus gedoen by Hugenote Kollege en nou ingeskryf vir BTH om ’n Diens leraar te word . Die werk is oorweldegend maar ongelooflik verrykkend. My oë het oopgegaan ek ek leer elke dag meer. My manier van Bybel lees en verstaan het totaal verander. Ek is nou wel seker nie ’n model student nie maar ek geniet die voorreg. EK dank die Here vir die geleentheid en is opgewonde om te sien op watter nuwe paaie Hy my gaan laat loop.
Ek kan met Jan saam praat. Op 63 het die Vader my op my Damaskus gestop en met my gepraat en, anders as Jan wat uit ñ teologiese huis kom, ek het begin studeer. Ek het eers met Veritas se 2 jaar diploma kursus begin wat hoofsaaklik handel oor Bybelse eksegese. Watter belewenis om uiteindelik sin te kan maak van Bybelse interpretasie. Asof dit nie genoeg was nie, het ek deur SATS my BTh en Honneurs gedoen in teologie wat ook insluit homolotiek en kerkgeskiedenis en -bestuur. Ek het, op 70, sopas klaar gemaak met ñ twee jaar beradingskursus wat by my honneurs gevoeg word. Laastens, is ek besig met my Meesters. Alles slegs deur God se genade en onderleiding van die Heilige Gees. Dankie Jan vir jou bydrae en seën vir jou.
Philip Coetzee