Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Na raming neem dit 450 jaar vir ’n gesigmasker om te ontbind, vertel ds Fay van Eeden in die podsending hieronder.

PODSENDING: Wenke teen gesigmaskers se omgewingsgevaar

Maskers was vir so lank deel van ons lewe dat dit amper vreemd voel om sonder hulle te wees. Die opheffing van die maatreël rondom die dra van gesigmaskers is nie net goeie nuus vir ons nie, maar ook vir die aarde, vertel Fay van Eeden.

LUISTER HIERONDER NA DIE PODSENDING:

 

OF LEES HIER: Die verhoogde aanvraag na en gebruik van enkelgebruik-gesigmaskers oor die laaste paar jare was op verskeie vlakke vir die omgewing nadelig. Een van die probleme met enkelgebruik-gesigmaskers is dat hulle van plastieke soos polipropilien, poliethilien en viniel gemaak word.

Na raming neem dit 450 jaar vir ’n gesigmasker om te ontbind. Selfs dan is die masker nie “weg” nie. Die mikroplastiek wat agterbly besoedel ons grond en ondergrondse water. Omdat maskers so lig is word hulle ook maklik deur die wind geskep en beland in ons waterweë wat natuurlik vir die voëls, diere en visse nadelig is.

Hoekom is dit vir ons as gelowiges belangrik om dit te weet?

Hierdie planeet is ons huis en God vra ons om goeie rentmeesters daarvan te wees. Een van die maniere waarop ons ons planeet beter kan oppas is om sover moontlik enkelgebruik-plastiek te vermy. Enkelgebruik-plastiek is daardie plastiek wat slegs een maal gebruik word voordat dit weggegooi word, soos byvoorbeeld wegneem-koffiekoppies, plastiese strooitjies en koeldrankbottels.

Wat moet ’n mens dan doen met jou weggooibare masker?

Enkelgebruik-maskers kan ongelukkig ook nie herwin word nie en moet saam met jou gewone vullis weggegooi word. Ter wille van veral watervoëls en ander seediere is dit goed om die plastiekbandjies van die masker te knip voordat jy daarmee wegdoen. Sou jy kies om steeds af en toe, veral in die wintermaande, ’n masker te dra, oorweeg ’n lapmasker wat gewas en hergebruik kan word.

  • Ds Fay van Eeden is ’n dominee by die NG Gemeente Stellastraat waar sy verantwoordelik is vir die gemeente se fokus op die ekologie.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “PODSENDING: Wenke teen gesigmaskers se omgewingsgevaar”

Comments are closed.

Scroll to Top