Dele van Namakwaland is al nege jaar sonder goeie reëns. Kerkbode was onlangs daar om eerstehands te hoor en sien wat beteken droogte én droogtehulpprojekte soos RSG Red ’n Plaas vir mense hier.
Mense soos Berto Archer, wat boer naby Kamieskroon, en Elton Vries, wat boer naby Springbok. Hulle vertel hul stories in die video hieronder.
Meer oor die projek: Die NG Kerk Noord-Kaapland, in samewerking met hul maatskaplike vennote Caritas Gemeenskapsfokus en Diakonia, www.kerkbode.co.za en die landbouorganisasie Agri Noordkaap, vat vanjaar hande met RSG Red ’n Plaas-Camino.
Die projek sluit ’n 166 km staptog in vanaf Williston tot by Verneukpan vanaf 14-22 April.
Die doel met die projek is, weereens, om fondse in te samel wat gebruik sal word vir humanitêre hulp aan boere en landbougemeenskappe in die Noord-Kaap wat swaarkry.
Lees meer: NG Kerk Noord-Kaapland vat weer hande met RSG Red ‘n Plaas
Die afgelope droogte word gereken as een van die ergstes wat die streek nog getref het. In dele van Namakwaland is die droogte na agt jaar steeds nie oor nie. Selfs al reën dit goed, gaan dit jare neem vir die streek om weer ekonomies op dreef te kom. Die rimpel-effek van die droogte is dat nie net boere swaar kry nie maar die gemeenskappe rondom hulle ook.
Maak ’n donasie deur hier te kliek en die instruksies te volg.
FOTO-REEKS: Agter die skerms vir die maak van die 2023 RSG Red ‘n Plaasvideo






