Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Frits Gaum skryf: Moenie my in hoek jaag oor ‘regsinnig’ of ‘vrysinnig’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Frits Gaum van Durbanville skryf: Prof Hoffie Hofmeyr trek in sy brief duidelike strepe tussen, wat hy noem, “regsinnig” en “vrysinnig”. Dalk wil hy op die volgende vrae antwoord:

  • Is mense wat apartheid op grond van bepaalde tekste ondersteun het, vrysinnig of regsinnig?
  • Is mense wat vrouepredikante op grond van die Skrif (Paulus) se afwysing daarvan, verwerp, vrysinnig of regsinnig?
  • Is mense wat slawerny op grond van die Skrif se swye daaroor, verwerp, vrysinnig of regsinnig?
  • Is mense wat kindernagmaal op grond van die Skrif se swye daaroor, verwerp, vrysinnig of regsinnig?
  • Is mense wat selfdegeslagverbintenisse op grond van die Skrif se boodskap van liefde en geregtigheid, aanvaar, vrysinnig of regsinnig?
  • Is mense wat op grond van die Skrif glo die aarde is plat, vrysinnig of regsinnig?

Prof Hofmeyr, jy glo jy is “regsinnig”. Jy sal my tien teen een as “vrysinnig” beskou. Maar ek dink nie ’n mens kan iemand so in ’n hoek injaag nie. Soos Leopold Scholtz oor iets anders geskryf het: Hy is konserwatief-liberaal of liberaal-konserwatief. Maak jou keuse. Dalk eerder verantwoordelik-gelowig.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top