Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Foto-storie uit die Vrystaat: Nagmaal as ‘God se apteek’ + Jongste e-koerant

Blaai deur die jongste e-koerant onderaan dié foto-storie uit Trompsburg deur Le Roux Schoeman.

Die drie kruise langs die N1 by Trompsburg in die Vrystaat het ’n interessante storie …
Só vertel Flip Henning (heel links), ouderling by die NG Kerk op Trompsburg en boer in dié distrik. Henning, wat vanjaar 80 word, het gehelp met die oprig van hierdie drie kruise as “getuienis” aan veral vermoeide vragmotorbestuurders wat ook snags die langpad moet aandurf.
Dr Gerdrie van der Merwe, wat tans ’n termynleraarspos hier op sy geboortedorp beklee, maak vroeg Sondag gereed vir ’n erediens, met hond Bella wat vanaf die pastorie se rusbank getuie speel.
Dries Lategan, ouderling, sit aan langs Van der Merwe wanneer die nagmaal, oftewel God se apteek, soos Van der Merwe daarna verwys, bedien word.
Die kerk was vroeër jare volgepak vir nagmaal, deesdae is bywoning laer, maar Van der Merwe lê swaar klem op die vernuwende krag van die sakramente.
Dié Sondag se erediens loop oor in ’n begrafnisdiens vir Koos Fouché, bekend vir sy handvaardigheid.
Fouché se weduwee Isabel het ná die kort, roerende huldigingsdiens tesame met ander lidmate na die kerksaal beweeg vir iets te ete.
Die Sondag-stil strate van Trompsburg.
Johan Verwey, ’n oudbegrafnisondernemer, kon nie dié oggend se diens bywoon nie. Hy is in ’n rolstoel en op ’n waglys vir ’n kunsbeen.
Dr Van der Merwe, wat homself beskryf as iemand met ’n “oop vroomheid” het ’n klein draagbare nagmaalstelletjie vir juis sulke gevalle, waar lidmate nie na die erediens kan kom nie.
Van der Merwe, bygestaan deur een ouderling, bedien die nagmaal tuis aan Verwey en sy vrou Rina, waar hulle langs die spruit op die dorp woon.

Johan (73) wag op sy kunsbeen. Wanneer ons groet, vertel hy dat hy nog vanuit sy rolstoel bietjie in die tuin kan werk. “Ek kan net nie hark nie, want dan moet ek die hark in my mond vashou,” spot hy.

Hou Kerkbode dop vir meer oor ons storietoer na “Wyk Zero”. En volg Kerkbode op Instagram vir meer foto-stories.


25_AUG_2023

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top