Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

‘Wyk Zero’

Die eerste inwoners van sy grootste waagkans het van “Wyk Zero” gekom.

Vier mense bly nou in die vervalle ou huis op Volksrust wat Charl van Schalkwyk met sy erfgeld gekoop het. ’n Mal aankoop, so kort voor aftrede, het oorblufde vriende hom gewaarsku, vertel die 63-jarige dominee van Mpumalanga.

Selfs sy gesin het kapsie gemaak toe hy met die idee vorendag kom om – in reaksie op die armoede op die dorp – self ’n vervalle huis aan te skaf en in ’n soort plek van veiligheid te omskep. Die koop is deur en die huis het nou lewe. Die inwoners sorg vir hulleself, verduidelik Van Schalkwyk. Een plant groente, ander doen die admin vir die huis, ensovoorts. Meubels kom deur donasies en ander skenkings. Sondae kom die inwoners kerk toe. Hierdie huisprojek het hom weer woema gegee. En Van Schalkwyk het dit onlangs gedeel met afgevaardigdes by Oostelike Sinode se sitting in Pretoria. Sommer so terloops, vanaf die vloer, toe daar tyd vir bydraes was na breedvoerige sessies oor evangelisasie.

“Wyk Zero” is vir Van Schalkwyk die mense aan die rand. Wat nog nie “binne” is nie. “Haweloos, armoedig, swaarkrymense,” verduidelik hy wanneer ’n mens hom na hierdie term uitvra. In daardie wyk skep Van Schalkwyk “morele warmte en aanvaarding”.

Ds Charl van Schalkwyk
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top