Ds Jan Lubbe is Maandag verkies as voorsitter van die Algemene Sinode en moderator van die NG Kerk.
Lubbe is predikant by die NG Gemeente Berg-en-Dal en is ook moderator van Vrystaat Sinode.
Die kortlys was Lubbe, prof Marius Nel, ds Maartje van der Westhuizen en dr Chris van Wyk. Lubbe neem die leisels oor by ds Nelis Janse van Rensburg.
Die sinode duur voort.
Hou Kerkbode dop vir ’n volledige berig.
Ds Lubbe in gesprek met ds Maartje van der Westhuizen tydens die Algemene Sinode-vergadering in Boksburg.Ds Nelis Janse van Rensburg (middel met blou baadjie) op die eerste dag (Sondag, 15 Oktober) van sy laaste sinode as moderator van die Algemene Sinode.Ds Jan Lubbe neem die voorsitterstoel in by die 2023 Algemene Sinode-vergadering. Links is die vorige voorsitter, ds Nelis Janse van Rensburg.Afgevaardigdes spreek die seën oor ds Lubbe uit.
Oor die Algemene Sinode 2023: Lofsang: Hoogtepunte, dag 1: Algemene Sinode 15-20 Oktober, Birchwood, Boksburg
Ondersteun
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.
1 thought on “Algemene Sinode 2023: Jan Lubbe as nuwe moderator verkies”
Johannes Froneman
Die berig lui dat ds. Lubbe tot voorsitter van die algemene sinode en moderator van die NV Kerk verkies is. Ek was onder die indruk dat die voorsitter en moderator wisselvorme is. En dat die kerk, die NG Kerk, nie ‘n moderator het nie. Hy is slegs moderator van die sinode, dus die vergadering. Dit is ‘n belangrike kerkregtelike onderskeid.