Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ds Jan Lubbe

Nuwe moderator nooi media terug ná ongewone stap

Die nuwe moderator van die NG Kerk het die media Woensdagoggend terugverwelkom in die Algemene Sinode ná hy Dinsdagmiddag kort voor middagete gereël het dat onder andere Kerkbode se verslaggewers nie op die urelange gesprek oor leerstellige besware en selfdegeslagverbintenisse mag insit nie.

Lees ook: Onderlinge verskille – asook beriggewing daaróór – bring nodige balans

Ds Jan Lubbe het vir die “draers van die boodskap” van die verhoog af terugvoer gegee en gesê dat ’n kleiner groep aangewys word om ’n “voorstel na die vergadering te bring” oor die hantering van die 2019-besluit (oor selfdegeslagverbintenisse). “Ons gaan deur die loop van die dag werk aan ’n voorstel,” het Lubbe Woensdagoggend gesê. Oor die vorige dag se gesprek het Lubbe gesê: “Dit was nie maklik nie.”

 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top