Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

KYK: Roetemerkers: ‘Dit vervang nie die geloofsbelydenis nie’

So verduidelik ds Tienie Bosman vir Kerkbode in ‘n kort video waarin hy by navraag meer uitbrei oor die agtergrond en oogmerke met hierdie skuif wat nuwe maniere voorstel waarop jongmense se geloofsreis binne ‘n NG gemeente gevier kan word.
Hier is meer konteks oor hierdie video-onderhoud vanuit die agenda van die Algemene Sinode 2023: “Die Algemene Sinode van 2019 het dit aan die ASM opgedra om ‘n finale besluite te neem oor die belydenis van geloof-aflegging in die NG Kerk. ‘n Taakspan bestaande uit Tienie Bosman, Anandie Greyling, Johan Avenant , asook prof Malan Nel en Cas Wepener het reeds by die 2019-Sinode hieroor verslag gedoen.

Die skuif na roetemerkers

In 2013 is die Taakspan versoek om na die aard van belydenis van geloof te kyk. Die verslag van die Taakspan oor die skuif na roetemerkers is reeds op die 2019 Algemene Sinode goedgekeur.
Dit het die insig dat geloofsvorming ‘n lewenslange reis is, geformaliseer. Hierdie verandering het ‘n effek op kategese en hoe ons met ouers werk.
Die praktiese uitwerk van die besluite wat voorheen hieroor geneem is, moes deur die ASM voltooi word. Die ASM het in 2020 begin werk aan sy opdrag. Gesprekke is met die ATR en Argief oor die tegniese aangeleenthede gevoer.
Die twee goue drade in die verslag is lidmaatskap en doop.
Uit die 2019-verslag is dit duidelik dat daar net een vorm van lidmaatskap behoort te wees. Dit word verkry by die doop wanneer die dopeling ‘n lidmaat word van die kerk. Daar is egter ‘n diskrepansie tussen kinders wat toegelaat is tot die nagmaal, maar eers later belydenis van geloof aflê, en eers dan as belydende lidmate geag word,” luidens die verslag.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top