Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2023

Elders gelees: ‘Ons kyk met ’n swaar hart na die Heilige Land’ – WRK oor Israel-Hamas-oorlog


Die Wêreldraad van Kerke (WRK) eis ’n skietstaking in die stryd tussen Israel en Hamas waarin meer as 11 000 mense reeds dood is, waarvan tweederdes na raming vroue en kinders. Die WRK eis ook dat humanitêre hulp ongehinderd gelewer kan word aan die inwoners van Gasa.

“We yearn for peace and for justice, for an end to the seemingly endless cycle of violence and suffering, and for its fundamental root causes to be addressed,” lui ’n gesamentlike verklaring wat die WRK se uitvoerende komitee uitgereik het na afloop van ’n vergadering wat van 8-14 November gehou is in Abuja, Nigerië.

Die internasionale ekumeniese liggaam betreur in die verklaring die lyding en lewensverlies van al die inwoners in hierdie stryd: “We look to the Holy Land with a heavy heart, for all the death, destruction and trauma being inflicted on the people of the land. We lament with all who suffer – Israelis bereaved, held hostage or otherwise affected by the attacks on 7 October, the people of Gaza displaced from their homes, grieving for loved ones buried under the rubble of destroyed buildings, and enduring continuous intense bombardment.”

Geborg

Die verklaring meld ondermeer dat dit onaanvaarbaar is dat kerke, vlugtelingkampe en hospitale in die Gasa-gebied ook geteiken was in aanvalle deur die Israeliese weermag.

Daar word ook diep kommer uitgespreek oor die wêreldwye toename in voorvalle van anti-semitisme asook haat teenoor Moslems en Arabiere sedert Hamas op 7 Oktober Israel vanaf Gaza binnegeval het. Na wat berig word is meer as 1 200 Israeli’s deur Hamas vermoor en sowat 240 burgerlikes ontvoer.

 Luidens die verklaring eis die WRK ondermeer ’n skietstilstand tussen al die partye asook die versekering dat humanitêre hulp, insluitend water, kos, mediese voorraad en brandstof, gelewer kan word.  

Lees die verklaring HIER.


Scroll to Top

Ondersteun Kerkbode se joernalistieke projek

Ons redaksionele invalshoek is “Meer lig as hitte”. Ons hou jou op hoogte van kerknuus en bied ’n platform vir verhelderende lesersdeelname.
Teken in op ons weeklikse elektroniese nuusbrief of ondersteun ons werk vir so min as R20 per maand