Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gelees: ‘Ons kyk met ’n swaar hart na die Heilige Land’ – WRK oor Israel-Hamas-oorlog

Die Wêreldraad van Kerke (WRK) eis ’n skietstaking in die stryd tussen Israel en Hamas waarin meer as 11 000 mense reeds dood is, waarvan tweederdes na raming vroue en kinders. Die WRK eis ook dat humanitêre hulp ongehinderd gelewer kan word aan die inwoners van Gasa.

“We yearn for peace and for justice, for an end to the seemingly endless cycle of violence and suffering, and for its fundamental root causes to be addressed,” lui ’n gesamentlike verklaring wat die WRK se uitvoerende komitee uitgereik het na afloop van ’n vergadering wat van 8-14 November gehou is in Abuja, Nigerië.

Die internasionale ekumeniese liggaam betreur in die verklaring die lyding en lewensverlies van al die inwoners in hierdie stryd: “We look to the Holy Land with a heavy heart, for all the death, destruction and trauma being inflicted on the people of the land. We lament with all who suffer – Israelis bereaved, held hostage or otherwise affected by the attacks on 7 October, the people of Gaza displaced from their homes, grieving for loved ones buried under the rubble of destroyed buildings, and enduring continuous intense bombardment.”

Die verklaring meld ondermeer dat dit onaanvaarbaar is dat kerke, vlugtelingkampe en hospitale in die Gasa-gebied ook geteiken was in aanvalle deur die Israeliese weermag.

Daar word ook diep kommer uitgespreek oor die wêreldwye toename in voorvalle van anti-semitisme asook haat teenoor Moslems en Arabiere sedert Hamas op 7 Oktober Israel vanaf Gaza binnegeval het. Na wat berig word is meer as 1 200 Israeli’s deur Hamas vermoor en sowat 240 burgerlikes ontvoer.

 Luidens die verklaring eis die WRK ondermeer ’n skietstilstand tussen al die partye asook die versekering dat humanitêre hulp, insluitend water, kos, mediese voorraad en brandstof, gelewer kan word.  

Lees die verklaring HIER.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top