Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

BESLUIT: Palestina en Israel

Dit wat hieronder gepubliseer word, is nie 'n nuusberig deur die Kerkbode-redaksie nie. Dit is ’n amptelike skrywe van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dit word volledig in hierdie afdeling van Kerkbode se webwerf gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk. - Redakteur: Kerkbode.

  1. Die AS bely dat alle mense na die beeld van God geskape is en dat die Woord van God ‘n bron van lewe is, nie ‘n bron van dood nie.
  2. Die AS betreur die huidige opvlamming van gewapende geweld in Palestina en Israel.
  3. Die AS roep gemeentes en lidmate op om deurgaans te bly bid vir vrede en geregtigheid in Israel en Palestina, maar ook in die Midde-Ooste as geheel.
  4. Die AS roep gemeentes en lidmate op om te bid vir alle Joodse-Israeli en Palestyne sodat vrede en versoening in hulle wêrelddeel bevorder kan word.
  5. Die AS spreek sy steun uit vir die oproepe van ekumeniese organisasies dat internasionale menseregtewette konsekwent deur alle groepe in Palestina en Israel toegepas word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top