Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Nuwe weeklikse podsending | Roerende gesprekke by Kerkbode Kollig – elke Sondag op jou slimfoon


Kerkbode Kollig is die Kerkbode-podsending waaroor ons vroeër vanjaar in hierdie ruimte berig het. Dit is meer soos ’n saamluisterprojek, vertel die aanbieder Heléne Meissenheimer. Die kanaal bestaan uit ’n weeklikse podsending gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, te laat nadink en te inspireer.

Kliek HIER vir alle episodes

Elke Sondag word ’n nuwe episode op Kerkbode se webblad gelaai in die hoop dat ons ’n luistergewoonte by ons gehoor sal vestig. Die tegniese versorging word gedoen deur ons Bybel-Media-kollega Robert Cable en ons is trots om ook in vennootskap met ander “podcasters” te staan onder die sambreel van Klank Kompas – ’n “tuiste van podcasts wat gelowiges lei op die reis van geloof en lewe”.

Die Kollig-span gebruik hierdie nuwe platform ook om geskrewe Kerkbode-stories verder te verryk. Lekker luister en stuur storie-voorstelle na kerkbode@tydskrifte.co.za

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top