Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Nuwe weeklikse podsending | Roerende gesprekke by Kerkbode Kollig – elke Sondag op jou slimfoon

Kerkbode Kollig is die Kerkbode-podsending waaroor ons vroeër vanjaar in hierdie ruimte berig het. Dit is meer soos ’n saamluisterprojek, vertel die aanbieder Heléne Meissenheimer. Die kanaal bestaan uit ’n weeklikse podsending gevul met insetsels oor kerknuus, geloofstories en gesprekke om jou in te lig, te laat nadink en te inspireer.

Kliek HIER vir alle episodes

Elke Sondag word ’n nuwe episode op Kerkbode se webblad gelaai in die hoop dat ons ’n luistergewoonte by ons gehoor sal vestig. Die tegniese versorging word gedoen deur ons Bybel-Media-kollega Robert Cable en ons is trots om ook in vennootskap met ander “podcasters” te staan onder die sambreel van Klank Kompas – ’n “tuiste van podcasts wat gelowiges lei op die reis van geloof en lewe”.

Die Kollig-span gebruik hierdie nuwe platform ook om geskrewe Kerkbode-stories verder te verryk. Lekker luister en stuur storie-voorstelle na kerkbode@tydskrifte.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top