Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kerkbode-podsendings: Sal jy luister?

Multimedia-stories vaar goed op Kerkbode se platforms.

Ons videodekking van die lofprysing by verlede jaar se Algemene Sinode-sitting het ’n dominee van Pretoria laat opmerk: Sang is vir die NG Kerk wat Springbokrugby-seges vir Suid-Afrika is … ’n verenigende krag.

Rubriekskrywer Jaco Strydom se podsendings, tesame met gereelde radio-optredes deur verslaggewer Heléne Meissenheimer, moedig ons sterk aan om ook méér te doen.

LEES OOK: Leer meer oor Klank Kompas

En dan is die data van waarop mense kliek boonop bemoedigend. Stories met sterk multimedia-elemente daarby kry veral op ons sosialemediaplatforms veel groter aftrek.

Ons leef voorwaar in ’n visuele era waar ons skerms kleiner word (77% van ons sowat 1 miljoen klieks in 2023 was via slimfone), waar ons aptyt vir kyk-en-luister-inhoud klaarblyklik net nie wil bedaar nie.

Ons nooi lesers om vanjaar in te skakel vir Sondagaande se Kerkbode-podsending. Die maklikste wyse om dit te doen, is om die Kerkbode-toepassing af te laai op jou foon. Daarop sal jy ’n kennisgewing ontvang sodra die jongste gesprek met ’n kerknuusmaker die lig sien. Ons noem die program Kollig, en ons hoop in hierdie jaar waarin die uitsaaiwese in Suid-Afrika sy honderste jaar vier, sal die Kerkbode-span en vennote in hierdie projek ’n ryk gehoor rondom die wonderlike medium van klank kan bou.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top