Ons sê dankie vir die lesers wat reeds sedert 19 Julie beursies oopgemaak het om ons te help om ons doelbedrag van R25 000 in te samel ten einde ‘n pakkende dokumentêre video oor dáárdie projek te laat vervaardig. Maar ons het nog ‘n lang pad tot by die finansiële eindpunt!
Die eerste Kerkbode het 175 jaar gelede verskyn (sien argieffoto van die eerste voorblad hieronder). En vanjaar herdenk ons die rol en impak van hierdie unieke publikasie.
Een van die maniere waarop ons gekies het om soveel dekades se nuusinhoud te “verken”, was deur daardie afstand – 175 km – oor ‘n tydperk van vier dae deur die Karoo te hardloop en aan die hand van elke dag se kilometers na die nuusgebeure binne daardie tydperk te kyk.


Lees gerus meer oor die projek en die fondswerwing hier: https://kerkbode.christians.co.za/…/raak-betrokke-help…/
En kyk gerus na die 4 kort (1 minuut) videogrepe om ‘n idee te kry van die aanslag wat ons beoog.
Dankie vir al die ondersteuning
Le Roux Schoeman, redakteur: Kerkbode
- Ondersteun
Vriende van Kerkbode
Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus
Bybel-Boodskappers
Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg
Nuusbrief: Bly op hoogte
Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.
