Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Ná vier dae en 175 km se hardloop in die Karoo het die Kerkbode-span gevoel dit sal ’n skande wees as ons nie ten minste probeer steun en geld werf om hierdie projek in ’n behoorlike 24 minuut dokumentêr te omskep nie. Foto: Robert Cable

Fondsinsameling vir dokkie ter viering van Kerkbode se 175ste jaar


Hier is die waarheid: Die idee om 175 km ter viering van Kerkbode se 175ste bestaansjaar te hardloop, was ietwat buite die kernfokus van ons redaksionele jaarplan. En dit lê ongelukkig halflyf buite ons begroting vir die jaar.

 

Die jaarplan sluit goed in soos: Skep ’n weeklikse Kerkbode-podsending. Skep ’n reeks wat vars na gemeentes se projekte kyk. Reis na Namibië om die stories van standplaasleraars te vertel. Daardie tipe goed …

KLIEK HIER OM TE SKENK

Maar ná vier dae se hardloop in die Karoo … en met die videograaf Robert Cable se treffende videomateriaal op ’n hardeskyf voor ons, het die Kerkbode-span gevoel dit sal ’n skande wees as ons nie ten minste probeer steun – en geld – werf om hierdie projek in ’n behoorlike 24 minuut dokumentêr te omskep nie. ’n Soort video-kampvuur waarrondom meer mense sal kan kom sit en ʼn bietjie nadink oor kerknuus deur die dekades.

Ons doelwit: R25 000

Vriende van Kerkbode is al vir ’n paar jaar Kerkbode se aanlyn donasieplatform en bevat die opsie vir eenmalige bydraes – perfek vir ’n dag soos vandag! Dit is vinnig en veilig. Ons doelwit is R25 000 en enige bydrae is welkom. Die veldtog skop vandeesweek af – 20 Julie 2024. En ons sal by www.kerkbode.co.za verslag doen oor hoe die insameling vorder. Om ’n donasie te maak, besoek www.kerkbode.co.za en kliek op Vriende van Kerkbode in die navigasiekolom.

Het jy vrae? Kontak vir Le Roux Schoeman by leroux@bmedia.co.za

Hieronder is ’n rowwe voorskou (in vier grepe van 1 minuut elk) van die soort benadering wat ons met die dokkie wil volg. 

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top