Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Mias Nortier van Jacobsdal skryf: Sendingdag 2025 Tydens die afgelope Sendingdag op Jacobsdal (25 Januarie 2025), het afgevaardigdes van die plaaslike NGK, NGKA, VGKSA en RCA (Kimberley) saam gesels oor die sendinggeleenthede in ons gemeenskappe. Daar was ook in gesprek getree met Prof. Pieter Verster oor verskillende gelowe en hulle grondbeginsels.
Rev. Dillon Pillay van die RCA Pearl gemeente in Kimberley het kom getuig van sy bekering vanuit ‘n Hindoe-huishouding en hoe die Here hom gelei het om self in die bediening te gaan. Hy het aan die deelnemers’n goeie insig gegee oor die leef wêreld van Hindoes en hulle verstaan van die werklikheid.

Elke deelnemer het diep bewus geword van die geleenthede wat God vir ons gemeentes gee en hoe die sending veld ver en naby aan ons is. Die winkels van buitelanders wat dikwels as negatief beskou word in klein dorpies, word nou sendinggeleenthede op ons voorstoep. Die beginsels van respek, vriendskap en liefde sonder om die Evangelie te kompromitteer, is bevestig vanuit die Skrif en as die basis neergelê om persone van ander gelowe te benader. Verder het ook kenners op die gebied van kinder-evangelisasie kom getuig oor die geleenthede in ons dorpe om kinders en die weerloses te bereik met die Evangelie.
Ons nooi ander belangstellendes om volgende jaar by ons te kom aansluit vir ‘n verdere gesprek.
