Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Kinders vind ‘gereformeerde tuiste’ in Australië

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Ds Dirkie Enderstein skryf:

Ons kinders woon in Sydney, Australië.

Hulle het gesoek na ’n kerk met ’n gereformeerde belydenis en toe ’n geestelike tuiste gevind by die Christian Reformed Church Sydney.

Die pastoor/dominee se naam is “Lavin” wat al ’n hele aantal jare daar predikant is.

Hy is opgelei by die NG Kerk se susterkerk Reformed Church in Africa (RCA), in Pietermaritzburg.

Alhoewel die erediens in Engels gelei word (met baie Afrikaners wat na die diens in Afrikaans kuier) is die liturgie absoluut soos in die NG Kerk, met ’n baie suiwer gereformeerde belydenis en kan ook elke Sondag op ingeskakel word, selfs in Suid-Afrika.

Hulle kontakbesonderhede is:

Webblad: www.sydneyreformed.org.au; e-pos: crcs.ryde@gmail.com; tel 0431 589 068.

Die kerk is in verskeie stede in Australië te vind en het ook hulle eie sinode. Miskien het u familie of vriende in Australië wat in die kerk sal belangstel – selfs in ander stede.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top