Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Die kruisgebeure funksioneer soos ’n magneet

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Jan Otto van Badplaas skryf: In Dawie de Wet se kommentaar (KB, 10 Januarie 2025) op André Mouton se brief (KB, 10 Januarie 2025), verwys hy na die Jode se vraag na wondertekens en die Grieke se soeke na wysheid. In Mouton se antwoord hierop (KB, 13 Januarie 2025) dui hy aan “dat die Jood en Griek hier al reeds verwys na Christene, nie heidene nie”. Dit is egter nie die geval nie. Die konteks van die Korintiërsbriewe, en veral 1 Korintiërs 1:18-25, is baie belangrik. Hier is daar nie van kulturele verskille onder Christene sprake nie. Die kruisgebeure funksioneer soos ’n magneet. Sommige mense word weggestoot. Vir hulle is die gekruisigde Verlosser aanstootlik en onsinnig. Sommige mense word deur Christus aangetrek. Vir hulle is Hy die krag en wysheid van God.

In die Christosentriese gemeenskap is die volle aanvaarding van die betroubare feit dat “Christus Jesus na die wêreld gekom het om sondaars te verlos” (1 Timoteus 1:15, A-2020) die magneet wat ons na God en na mekaar toe aantrek. Ons moet meer luister, veral na God. Ons behoort niemand te veroordeel nie. God roep, en ons moet antwoord. “God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie, maar wie nie glo nie, staan reeds veroordeel omdat hy nie in die Naam van die unieke Seun van God geglo het nie” (Johannes 3:17-18, A-2020).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top