Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die NG Kerk se stem gaan ook opklink by die Sentrale Komitee (die hoofbestuursliggaam van die Wêreldraad van Kerke) se tweejaarlikse vergadering wat vanaf 18 tot 24 Junie in Johannesburg plaasvind. Foto: WRK

Kerkleiers hoop vir ‘ekumeniese wonderwerke’ soos meer as 300 in Jo’burg saamkom

Geregtigheid en klimaatsverandering, Israel en Gasa, die gebruik van die woord “apartheid” en ’n jeuginisiatief rondom die Swart Donderdag-veldtog teen geweld teen vroue asook ’n pelgrimstog tussen kerke.

Dit is van die sake waaroor meer as 150 kerkleiers saam met ander afgevaardigdes van regoor die wêreld vanaf 18 tot 24 Junie in Johannesburg in gesprek gaan wees. Die tema is ‘Pilgrimage of Justice, Reconciliation, and Unity’. In totaal word meer as 300 mense verwag vir die tweejaarlikse vergadering van die Sentrale Komitee, die hoofbestuursliggaam van die Wêreldraad van Kerke (WRK) in die tydperk tussen algemene vergaderings.

Biskop prof dr Heinrich Bedford-Strohm het gesê dit is altyd ’n spesiale geleentheid wanneer hierdie komitee (waarvan hy as moderator optree) saamkom en bygevoeg dit bly ’n “ekumeniese wonderwerk” wanneer konsensus bereik word, ook met kontroversiële kwessies. “We can show that an exchange with mutual respect and a readiness to really listen to each other is possible on the basis of our common faith,” is hy aangehaal in ’n onlangse WRK-nuusberig.

Die NG Kerk se stem gaan ook opklink by monde van dr Gustav Claassen en dr Nioma Venter. Claassen is sedert sy verkiesing op die Sentrale Komitee in 2022 ook gevra om op verskeie staande komitees te dien. Hy is betrokke met die reël van hierdie vergadering in Johannesburg.

Venter is deur die NG Kerk se Algemene Sinode afgevaardig as waarnemer (sy het begin 2023 as algemene sekretaris oorgeneem na Claassen se uittrede en sy dien ook op die SARK se leierskap as tweede vise-president). 

Lees ook: Só klink uiteenlopende navrae, vertel Nioma Venter ná jaar in die pos as algemene sekretaris van die NG Kerk

Hou Kerkbode dop vir meer hieroor.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top