Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | Toe sê hy vir my: ‘Vertel vir iemand wat met jou gebeur het’ – leraar van Pretoria oor sy pad met evangelisasie

Dr Frikkie Coetzee is ’n predikant van Pretoria en hy lei die NG Kerk se Algemene Taakspan Evangelisasie. In dié episode van Kollig vertel hy vir Heléne Meissenheimer meer van sy eie geloofspad en die werk van dié taakspan. Van die onderwerpe wat hy bespreek is ’n “holistiese kyk” na wat evangelisasie is asook die regstel van wanpersepsies en ’n entoesiasme rondom wat hy as Goddelike avontuur bestempel.

Lees ook: ‘Die avontuur van die evangelie is dat dit geïntegreerd werk’

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Kollig-podsending | Toe sê hy vir my: ‘Vertel vir iemand wat met jou gebeur het’ – leraar van Pretoria oor sy pad met evangelisasie”

  1. Dankbare en aanmoedigende opmerking uit Japan. Baie opgewonde en dankbaar vir die aanstelling en bediening van die EvangelisasieTaakspan deur die Algemene Sinode met sy mooi holistiese benadering. Ek kan my so heelhartig identifiseer met Dr Frikkie Coetzee se geloofs- en bedieningspad.
    Sal baie graag meer inligting ontvang wat die 12 praktiese riglyne betref.
    Ek vertrou met my hele hart dat wêreld evangelisasie, die roeping en uitstuur en ondersteuning van sendelinge na die mees onbereikte volke van die wêreld (ingeslote Japan 🇯🇵) dmv aktiewe navorsing en belangstelling, voorbidding, finansiële ondersteuning, pastorale meelewing ens. vanuit alle plaaslike gemeentes deur leraars, kerkrade en elke lidmaat (want die roeping en groot opdrag is aan elke gelowige dissipel van ons Here Jesus gegee) deel is van die begrip en riglyne🙏🏻
    Net voor die luister na bostaande het ek en my skoonseun Stephan van Watt wat pastorale missiologie in die kweekskool van die Christian Reformed Church van Japan doseer (terloops Stephan het ook sy doktoraal in pastorale teologie onder Prof Daniël Louw gedoen) presies oor dieselfde saak ‘n ernstige gesprek gehad. Ons groot bekommernis is wat ek hier noem naamlik die plek wat ons kerk, ons gemeentes, ons leraars en ons lidmate inneem in ons verstaan en uitlewing van God en Bybelse “Missio Dei” in sy volle omvang met die belangrike fokus op die einde van die aarde en alle nasies…!
    Seëngroete
    Tobie de Wet, RCJ Niihama Sendingpos, Japan 🇯🇵

Comments are closed.

Scroll to Top