Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Kuumba Care veldtog, met die tema ‘kleur die wêreld met sorg’, is ook amptelik op 10 September by Badisa se algemene jaarvergadering bekendgestel. Foto’s: Verskaf

Hulporganisasie wat (weer) meer as miljoen bereik vier veerkrag en groei

By Badisa, een van die grootste hulporganisasies in Afrika, is om toekomsbestand te wees meer as ’n tema. 

Só het Basie van Wyk, uitvoerende hoof van hierdie hulporganisasie luidens ’n verklaring (volledig onderaan) gesê tydens hulle algemene jaarvergadering wat op 10 September by die NG Gemeente Vredelust in Bellville gehou is. “Ons werk hard daaraan om nuwe vennootskappe en projekte te skep sodat ons programme volhoubaar bly vir komende generasies,” het hy bygevoeg.

Tydens die geleentheid is die Kuumba Care veldtog, met die tema ‘kleur die wêreld met sorg’, ook amptelik bekendgestel. Die veldtog, wat Badisa se verbintenis weerspieël om ’n kultuur van deernis te vestig, sal in die komende weke in hulle programme en op sosiale media ontplooi word. Die eerste Kuumba Care dag word vir 6 Maart 2026 beplan. (Lees meer oor die veldtog HIER.)

“Agter elke syfer is daar ’n storie – ’n kind wat beskerm is, ’n gesin wat ondersteun is, ’n bejaarde wat getroos is,” het Badisa se uitvoerende hoof, Basie van Wyk, gesê tydens die luisterryke geleentheid wat ook deur Jaco Londt, Wes-Kaapse Minister van Maatskaplike Ontwikkeling bygewoon is.

Oor die feit dat Badisa in die 2024/2025 boekjaar weereens meer as 1 miljoen mense deur middel van hulle uitgebreide sorgnetwerk bereik het, het Van Wyk gesê so ’n omvangryke impak is moontlik danksy die spanwerk tussen hulle 3,700 personeel en meer as 2,600 toegewyde vrywilligers in die Noord-, Wes- en Oos-Kaap.

Lees ook: Elders gesien | Historiese vennootskap tussen KMDR en NG Kerk op 1 Maart versterk

“Agter elke syfer is daar ’n storie – ’n kind wat beskerm is, ’n gesin wat ondersteun is, ’n bejaarde wat getroos is,” het Van Wyk gesê tydens die luisterryke geleentheid wat ook deur Jaco Londt, Wes-Kaapse Minister van Maatskaplike Ontwikkeling bygewoon is. 

Die gasspreker was Nicky Weimar, hoofekonoom van Nedbank.

Besoek www.badisa.org.za om die volledige 2024/2025-jaarverslag te lees.

Nuwe kantore

Die Badisa Bestuursprogram sal ook vanaf 1 Desember in nuwe kantore gehuisves word. Die kantore is in Merano Place, Sabiestraat 3, Bloemhof, Bellville.

Badisa 2025 AJV (1)

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top