Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hooggeregshof stel tugsaak teen Marius Coetzee ter syde; nuwe ondersoek gelas

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.

Ds Hanri Joubert, predikant van Gansbaai en aktuarius van Sinode van Wes-Kaapland, lewer namens die moderatuur van die Sinode van Wes-Kaapland verslag oor die Coetzee saak, soos op 2 Junie 2026 in die Kaapse hooggeregshof afgehandel:

  1. Die applikant, ds. MX Coetzee, asook die kerkraad van Karatara-gemeente het die uitspraak in die tughandeling van die Ring van Knysna op hersiening na die hooggeregshof geneem. Die Ring van Knysna, die ringstugliggaam, die Sinode van Wes-Kaapland en die Algemene Sinode, asook hulle onderskeie appélliggame is as respondente gelys in hierdie hersieningsaansoek.

2. Die hof het ds. Coetzee se aansoek op prosedurele gronde toegestaan en die besluit van die Ring van Knysna, asook die bevindings van die twee appélliggame ter syde gestel.

3. Die hof het verder bepaal dat die klag van skeurmakery teen ds. Coetzee, de novo (opnuut) deur ‘n nuwe ringstugliggaam ondersoek moet word.  

4. Die hof het ‘n kostebevel teen die respondente toegestaan.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top