Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Dr Coenie Burger het by die teoloog David H. Kelsey aangesluit om te sê daar is drie groot verhale in die Bybel. Die Ou Testament oor God die Vader, die Evangelies oor Jesus en, vanaf Handelinge, oor die Heilige Gees. Foto's: Kerkbode

Dink eenheid, nie Vader óf Seun, óf Gees … – Coenie Burger oor vraag na Wie God is

As jy mense oor die kerk wil opgewonde maak, praat jy nie met hulle oor die kerk nie, jy praat met hulle oor God, het die teoloog en voormalige kerkleier dr Coenie Burger vroeg Maandag by die sinodesitting van die NG Kerk Vrystaat gesê. 

 

“Die Bybel is geskryf om ons oor God te vertel,” het Burger gesê in ’n praatjie oor die tema: Wie is God? Oor die omvang van die onderwerp het Burger in sy gasrede voor ’n volgepakte saal op die Nampo-skougrond buite Bothaville gesê ’n mens voel enersyds aanmatigend om iets daaroor te wil sê, maar aan die ander kant is dit tog presies waaroor gelowiges moet besin.

LEES OOK | Sinode in die Vrystaat: ‘Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar’ – Lubbe

Burger het geskerts dat vele mense glo soos eens oor wyle pres Eisenhower geskryf is, naamlik dat hy ’n vaste geloof in ’n vae oortuiging gekoester het. (“he had a vague faith, to which he held very firmly).

“Oom Coenie”, soos Burger algemeen bekendstaan, het by die teoloog David H. Kelsey aangesluit om te sê daar is drie groot verhale in die Bybel. Die Ou Testament oor God die Vader, die Evangelies oor Jesus en, vanaf Handelinge, oor die Heilige Gees, het hy verduidelik. En soms ontwikkel daar by ’n mens ’n spanning oor die verskillende “prentjies” wat ’n mens uit die Bybel oor God kry. Tog is daar ten minste vier goed wat ’n mens oor God kan sê as ’n mens die Drie-eenheid (triniteit) deeglik probeer verstaan, volgens Burger. 

Ds Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk Vrystaat.

God het nie net reëls gegee nie; Hy wil in ’n persoonlike verhouding met ons leef. 

Die Drie-enige-God (Vader, Seun en Gees) is ’n God van gemeenskap. “Die Here los probleme op deurdat die Gees mense bymekaar bring,” het Burger gesê. 

Die “lewe van God bestaan in self-skenkende liefde waarvan die krag ook verwondbaarheid insluit”.

Die Drie-enige God is lewend en kan nie net die moontlike nie, maar ook die onmoontlike doen. 

Die sinodesitting duur tot Woensdag. 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top