Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief | Seisoen van die Skepping: Vertel bietjie wat julle hieroor preek en doen? 

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

William McKay skryf: Ek het onlangs weer opgelees oor die Seisoen van die Skepping September 2026 en gewonder wat die NGK- en VGK- gemeentes preek of doen as deel van hul eko- rentmeesterskap in die wêreld.

Die internasionale en nasionale tema die jaar is Lewende Water vanuit die tempel met Esegiel 47 v 1-12 as Fokus Teks.

 Lidmate en gemeentes word dié jaar weer uitgedaag om die vloei, diepte en transformerende mag van die lewende water uit die tempel na buite te volg om ’n verskil in die land, riviere, see, woude en selfs woestyne te maak.  Sommige van die praktiese projekte sluit ondere in boomplanting, plastiek- verwydering in riviere en op strande, groente-tuine as deel van kos-sekuriteit, ens.

Die praktiese-telogiese vraag wat ek – aan leraars en kerkrade – wil vra is;

‘Is die Seisoen van die Skepping ’n preek, een sondag elke jaar in September?’

Of is die Seisoen van die Skepping ’n Christelike leefwyse gebaseer op ons Christelike mandaat en rentmeesterskap in Genesis om te’ werk en te bewaak’?

Miskien kan gemeentes die retoriese vraag beantwoord deur – in Kerkbode – te vertel wat hulle as eko -gemeentes  buite die kerk doen …

 

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top