Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | Hoe help die Enneagram my as dominee?

’n Wye verskeidenheid hulpmiddels is in die domein van selfkennisprogramme beskikbaar. Die Enneagram, ’n persoonlikheidstipe-model met antieke oorsprong, wek die afgelope klompie jare toenemend belangstelling. Ook onder predikante.

Lees ook: Wysheid van die Enneagram ontgin sonder om rigied te wees

Ds Maartje van der Westhuizen is een van talle wat opgelei is om die Enneagrammodel aan te bied. Sy en twee deelnemers van haar nuwe jaarlange kursus, Jimmy en Janine Manders van die Hervormde Kerk, vertel meer hieroor asook hoe hulle dit aanwend in hulle bediening as predikante.

Gesprekspunte:

Wat maak hierdie selfkennismodel anders?

Hoe klink die Christelike invalshoek?

Wat van die versoeking vir etikettering?

Getuienisstories: Hiermee help die Enneagram my as predikant.

Nuwe jaarlange kursus om ’n pad deur die Enneagram te stap.

  • Klik HIER om meer uit te vind oor ds Maartje van der Westhuizen se jaarlange Enneagramkursus.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Kollig-podsending | Hoe help die Enneagram my as dominee?”

  1. Andreas Rademeyer

    Die Kollig-podsending soos geplaas op Kerkbode: “Hoe help die Enneagram my as dominee?” verwys.

    Daar word in die gesprek onder meer gesê dat:

    – met “elke persoonlikheidsmodel leer ‘n mens iets by … die Enneagram werk baie dieper in jou menswees … dit gaan oor hoekom doen jy wat jy doen, wat is jou motivering?”
    – “die Enneagram is ‘n baie antieke … hy [het] antieke wortels … die Enneagram is wysheid wat oor jare en jare oorgedra is … later is hierdie wysheid in ‘n vorm gegiet, en daar was verskillende mense wat ‘n rol gespeel het … dit word baie keer deur ander godsdienste gebruik … maar baie van die bronne sê dat dit eintlik Christelike oorsprong het. So dit is maar ‘n situasie van dit hang af wat jy lees”
    – “as jy [die Enneagram] uit ‘n Christelike tradisie gebruik, dan is dit regtig ‘n hulpmiddel wat jou help en jou oopstel vir die werking van die Heilige Gees. So dit is ‘n hulpmiddel wat jou help om raak te sien wat is die goed wat skeiding bring tussen jou en God, jou en ander mense, en tussen jou en jouself.”
    – “niemand van ons is ‘n [Enneagram] nommer nie. Ja, jy identifiseer met ‘n [Enneagram] nommer, maar jy is ‘n mens. En die Here het jou uniek gemaak van die mense rondom jou. So [die Enneagram] gee vir jou taal om te verstaan wat aan die binnekant aangaan, maar jy moet jouself nooit in ‘n boksie sit nie.”
    – “Ons is nie daar om heeltyd te sien, hierdie ou, watter [Enneagram] tipe is hy? Is dit drie? Is [dit] ‘n sewe? Ek dink dit kom later dalk makliker. Maar vir eers net, as ‘n mens weet hoe mense opereer en hoe hulle vanuit hulle [Enneagram] tipe reageer, dan begin die Enneagram vir my ‘n lens van genade gee om ander, as ‘n predikant, my lidmaat anders te hanteer”
    – “jou [Enneagram] vlerke … van jou [Enneagram] persoonlikheidstipe … waarna jy kan groei. Daar’s [Enneagram] bewegings waarheen jy kan groei en jy verstaan ook jou eie [Enneagram] stresgedrag beter”

    Dit is lofwaardig om mense te wil help, beter hulself te verstaan en geestelik te laat groei.

    Dit is egter belangrik om krities te besin oor die betroubaarheid van die Enneagram as lens of hulpmiddel vir die bemarkte doel:

    1. Die Enneagram van persoonlikheid (9 persoonlikheidstipes of ‘enneatypes’, en die gepaardgaande vlerke, groeibewegings en regressiepatrone) is grootliks in die 20ste eeu ontwikkel en gevorm uit nie-Christelike bewegings en praktyke – sien ‘The Origins of the Enneagram – Marcia Montenegro’ ( https://youtu.be/k9Jo90cl7Io ).

    2. Die Enneagram word ook nie algemeen aanvaar as ‘n goed-gevalideerde persoonlikheidsmodel nie – sien ‘Is the Enneagram Scientific Progress or Regress?’ ( https://youtu.be/AJOyvUZcCDo ).

    Soos mens nie die geboortetekens van die Sodiak gebruik as hulpmiddel of lens waardeur menslike gedrag, selfkennis en persoonlike groei (veral geestelike groei) beter verstaan behoort te word nie, so moet ook nie die Enneagram gebruik word nie.

    Luister eerder na die Woord van God – dit is die genoegsame, geïnspireerde en betroubare openbaring van God waardeur gelowiges hul sonde en diepe afhanklikheid van Christus leer ken, en waardeur die Heilige Gees geloof werk, versterk en al hoe meer na die beeld van Christus vernuwe.

Comments are closed.

Scroll to Top