Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

AMPTELIKE NUUS UIT DIE NG KERK-FAMILIE


NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES

BEROEP – Ds TC Ackerman van Wonderpark na Meyerspark; prop Pierre Burger na Noordkus (Ballito Gesinskerk); ds Vian du Plessis van Bloemfontein-Wes na Walvisbaai Moedergemeente; dr LH Joubert na Gansbaai; ds AED Kotzee na Heidelberg Klipkerk (Gauteng); prop Stephan Naudé na Riviersonderend; ds JA Theron van Kleinmond na Montagu; dr Johan van der Merwe van Stellenbosch Moedergemeente as Predikant in Sinodale Diens (PSD): Teologiese Navorsing (Wes-en-Suid-Kaapland).

AANVAAR – Prop Hermanus Lambertus Visagie na Bospoort; ds JA Theron van Kleinmond na Montagu.

WES-EN-SUID-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds JA Theron sal in ‘n vastetermynpos as brugleraar in die NG Gemeente Montagu vanaf 1 April 2016 tot 30 September 2016 dien. Sy intreepreek sal op 3 April 2016 wees. (Ds Francois Herselman, RS, 19.02.2016).

EMERITAAT

Ds Nicolaas Georg Rabie van die NG Gemeente Kleinmond ontvang op 31 Maart 2016 emeritaat. Sy afskeidspreek vind op 10 April 2016 plaas. (Thinus Groenewald, RS, 23.02.2016).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Deon André Els is as leraar in die NG Gemeente Kraggakamma op 14 Februarie 2016 bevestig. (Niekie Oosthuizen, Skriba, 10.02.2016).

WES-TRANSVAAL

BEVESTIGING

Prop Manus Visagie word as leraar in die NG Gemeente Bospoort op 5 Maart 2016 om 16:00 bevestig. (JA Burger, RS, 19.02.2016).

EMERITAAT

Ds HJ le Roux van die NG Gemeente Randpoort het op 7 Februarie 2016 sy afskeidspreek gelewer en emeritaat ontvang vanaf 1 Maart 2016. (Ds Irma van Rensburg, RS, 10.02.2016).

NAMIBIË

BEVESTIGING

Prop Hestie Hay is as leraar in die NG Gemeente Windhoek-Oos op 7 Februarie 2016 bevestig. (Dalene, 10.02.2016).

ALGEMEEN

BEDANKING VAN LERAAR UIT NG KERK

Ds CP Crouse, leraar van die NG Gemeente Grasvoëlkop, Port Elizabeth, het bedank as leraar van die NG Kerk met ingang 1 Maart 2016. (PG Loubser, RS, 15.02.2016).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top