BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Ds Eugene Barnard na Knysna; ds Theunis Coetzee na Wesmoot (Vastetermynpos); ds Vian du Plessis van Bloemfontein-Wes na Walvisbaai; prop Ferreira Marais na Weltevreden (Jeugleraar); ds Elize Nel na Aggeneys; ds GFM Oosthuizen na Williston; ds Rinus Wassermann van Rooihuiskraal na Wierdapark-Suid.
AANVAAR – Ds Theunis Coetzee na Wesmoot (Vastetermynpos); ds Andriëtte de Ridder as Predikant in Sinodale Diens (Jeug- en Familiebediening) van die Sinode van Wes-Kaapland; ds Vian du Plessis van Bloemfontein-Wes na Walvisbaai; dr LH Joubert na Gansbaai; prop Ferreira Marais na Weltevreden (Jeugleraar); prop Stephan Naudé na Riviersonderend; ds Elize Nel na Aggeneys; ds Craig Alan Salzmann van Sasolburg-Vier Ankers na Hospitaalpark; ds Rinus Wassermann van Rooihuiskraal na Wierdapark-Suid.
WES-KAAP
BEVESTIGING
Ds Elize Nel is as leraar in die NG gemeente Aggeneys op 9 April 2016 bevestig. Haar intreepreek het op 10 April 2016 plaasgevind. (Teresa Gagiano, 22.03.2016).
BEVESTIGING
Prop Stephan Naude is as leraar in die NG gemeente Riviersonderend op 8 April 2016 bevestig. (Daleen van der Merwe, Skriba, 15.03.2016).
BEVESTIGING
Dr LH Joubert is as leraar in die NG gemeente Gansbaai op 8 April 2016 bevestig. Haar intreepreek het op 10 April 2016 plaasgevind. (Wilna Swanevelder, Skriba, 07.03.2016).
AFSKEIDSPREEK
Ds Andriëtte de Ridder het op 13 Maart 2016 in die NG gemeente Stellenberg haar afskeidspreek gelewer. (Sanel Joubert, 14.03.2016).
EMERITAAT
Ds EB Nolte van die NG gemeente Parow-Panorama het op 31 Januarie 2016 demissie ontvang en op 31 Mei ontvang hy emeritaat. (Stephan Bredenhann, RS, 17.03.2016).
OOS-KAAPLAND
BEVESTIGING
Prop Jacobus Pieter Marais Stapelberg is as tentmaker in die NG gemeente Humansdorp op 13 Maart 2016 bevestig. (JG du Plessis, Skriba, 09.03.2016).
NOORD-KAAPLAND
SINODESITTING
’n Gewone sinodesitting van die Sinode Noord-Kaapland sal op Maandag, 17 Oktober 2016, tot Donderdag, 20 Oktober, te Kimberley, in die kerksaal van die NG gemeente Kimberley-Vooruitsig gehou word. (Ds JPL Mostert, 02.03.2016).
VRYSTAAT
EMERITAAT
Ds JJ van Deventer van die NG gemeente Sasolburg-Fontein het op 31 Maart 2016 emeritaat ontvang. Sy afskeidspreek het op 28 Februarie 2016 plaasgevind. (Ds CA Salzmann, RS, 10.03.2016).
DEMISSIE
Ds CA Salzmann van die NG gemeente Sasolburg-Vier Ankers het demissie ontvang. Hy bly in diens van die NG gemeente Sasolburg-Vier Ankers tot en met 30 April 2016. (Ds CA Salzmann, RS, 10.03.2013).
RINGSVERGADERING
Die 77ste vergadering van die Ring van Harrismith vind op Maandag, 23 Mei 2016, te Memel plaas. (JT Kemp, RS, 04.04.2016).
WES-TRANSVAAL
BEVESTIGING
Prop Georg Frederick Prozesky is in die NG gemeente Mafikeng op 20 Maart 2016 bevestig. Hy het sy intreepreek op 10 April 2016 gelewer. (Alta Pretorius, 07.03.2016).
AFSKEIDSPREEK
Ds Gert Johannes Walkers van die NG gemeente Mafikeng het sy afskeidspreek op 13 Maart 2016 gelewer. (Alta Pretorius, 07.03.2016).
EMERITAAT
Dr JHvS Fourie van die NG gemeente Randfontein-Noord het op 13 Maart 2016 sy afskeidspreek gelewer en emeritaat ontvang vanaf 1 April 2016. (Ds Irma van Rensburg, RS, 15.03.2016).
NOORDELIKE SINODE
BEVESTIGING
Ds Theunis Coetzee is as leraar in die NG gemeente Wesmoot op 10 April 2016 bevestig. (Leon Chapman, 30.03.2016).
BEVESTIGING
Prop Marco la Grange is as leraar in die NG gemeente Koedoeskop op 13 Maart 2016 bevestig. (Martie Steenekamp, Skriba, 08.03.2016).
BEVESTIGING
Ds Rinus Wasserman is as leraar in die NG gemeente Wierdapark-Suid op 6 Maart 2016 bevestig. (Ds Daniel de Vos, RS, 02.03.2016).
HOËVELD SINODE
BEVESTIGING
Prop Ferreira Marais is as leraar in die NG gemeente Weltevreden op 10 April 2016 bevestig. (Jurie Ferreira, 08.03.2016).
OOSTELIKE SINODE
BEVESTIGING
Ds Natasha Nel is as leraar in die NG gemeente Malelane op 28 Februarie 2016 bevestig. (Hieta Jacobs, 01.03.2016).
EMERITAAT
Ds Daniël Haasbroek van die NG gemeente Moreletapark het op 11 Desember 2014 emeritaat ontvang. (Ds CJJ Mϋller, RS, 07.03.2016).