Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Marietjie de Wet van Pietermaritzburg skryf:
Ons Hemelse Vader is ons almal se Skepperheer, Hy alleen is die Pottebakker en ons die klei. Hy vorm ons in die moederskoot. Hoe is dit vir ons moontlik om te weet dat daardie kindjie wat gebore gaan word nie homoseksueel/transgender gaan wees nie?
Ons kan nie weet nie, dit kan met enige ouer gebeur. As ’n kindjie vir jou as ouer gegee word, word daardie klein mensie in liefde ontvang vir die res van sy/haar lewe, ongeag.
Daarmee wil ek vir Hannie Engelbrecht dankie sê vir haar skrywe. Ook wil ek as ouer vir Henk Gous (Kerkbode, 4 Maart) dankie sê. Dankie vir jou siening/insig wat ek glo en hoop in die toekoms van die debatvoering nog baie sal beteken.
Ons Here kyk nie na die uiterlike nie. Hy wat almagtig en regverdig is kyk na ons harte. Hy stuur ons uit om Sy liefde vir alle mense uit te dra.
Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.