Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

AMPTELIKE NUUS UIT DIE NG KERK-FAMILIE


BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES

BEROEP – Prop Anton Duvenhage na Onrusrivier; prop Friedrich Kotzé na Fraserburg; prop Maryke Uys vanaf Paarlvallei na Calvinia; ds Karlien van Wyk van Melmoth na Welgemoed.

AANVAAR – Ds Eugene Barnard van Pellisier na Knysna; prop Anton Duvenhage na Onrusrivier; prop Ferreira Marais na Weltevreden; ds GFM Oosthuizen na Williston.

VERLIES VAN BEVOEGDHEID – Ds Bertram Hendrikus Aris Abraham (Hein) bedank as leraar van die NG Kerk. (Dewyk Ungerer: Bestuurder ABR).

WES-KAAP

BEVESTIGING

Prop Anton Duvenhage is as leraar in die NG gemeente Onrusrivier op 10 April 2016 bevestig. Dit is ’n twee-jaar-termynpos. (Wilhelm Burger, 07.04.2016.)

BEVESTIGING

Prop Elize Nel is as leraar in die NG gemeente Aggeneys op 9 April 2016 bevestig. Sy het haar intreepreek by dieselfde geleentheid gelewer. (Ds Nadine Maletzki, RS, 11.04.2016).

BEVESTIGING

Ds Eugene Barnard is as leraar in die NG gemeente Knysna op 24 April 2016 bevestig. Hy het ook sy intreepreek by dieselfde geleentheid gelewer. (Linda Grobler, Skriba, 14.04.2016).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop Quintin Nel is as leraar (deeltydse vastetermyn) in die NG gemeente Hofmeyr op 9 April 2016 bevestig. (Ds Hansie Schutte, 12.04.2016).

NOORD-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Phillip Gouws is as leraar in die NG gemeente Kimberley-Wes met opdrag “Motiveer tot Aktiewe Lidmaatskap” en “Woordverkondiging” op 1 Mei 2016 bevestig. Dit is ’n drie-jaar-termynpos. Hy het sy intreepreek op 1 Mei 2016 gelewer. (Willie Olivier, Skriba, 08.04.2016).

BEVESTIGING

Ds GFM Oosthuizen is as leraar in die NG gemeente Williston op 24 April 2016 bevestig. (Louise Burger, 13.04.2016).

EMERITAAT

Ds Phillip Gouws van die NG gemeente Kimberley-Wes het op 24 April 2016 emeritaat ontvang. Sy afskeidspreek is op 24 April 2016 gelewer. (Willie Olivier, Skriba, 08.04.2016).

HOËVELD SINODE

BEVESTIGING

Prop Ferreira Marais is as leraar in die NG gemeente Weltevreden op 10 April 2016 bevestig. (Jurie Ferreira, 12.04.2016).

NAMIBIË

BEVESTIGING

Ds Vian du Plessis word op Sondag, 22 Mei 2016, om 09:00 in die NG gemeente Walvisbaai as leraar bevestig. (NG gemeente Walvisbaai, 27.04.2016).

ALGEMEEN

Dr Jan de Beer het sy predikantsbevoegdheid verloor ingevolge Reglement 11:7.1.1 (Dewyk Ungerer, 11.04.2016).

Vriende van Kerkbode

Ondersteun Kerkbode, die amptelike blad van die NG Kerk – én die oudste bestaande Afrikaanse blad in Suid-Afrika – ter wille van betroubare nuus in die kerkgemeenskap…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top