Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

AMPTELIKE NUUS UIT DIE NG KERKFAMILIE

BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES

BEROEP – Ds Dirk Human van Bonaeropark na Sunwardpark; dr Chris Jones na Stellenbosch-Welgelegen; dr Nadia Marais na Stellenbosch-Welgelegen; prop PF (Francois) Maritz na Ceres (Deeltydse termynpos opdrag: Jeugwerk); Etresia van Schalkwyk na Escombe.

AANVAAR – Prop Petrus Jacobus Nel na Port Elizabeth-Oos; Etresia van Schalkwyk na Escombe.

OOSTELIKE-SINODE

BEVESTIGING

Ds Thabo Pienaar is as vastetermynleraar in die NG gemeente Graskop op 1 Mei 2016 bevestig. Dit is ’n een jaar termynpos. Hy het sy intreepreek by dieselfde geleentheid gelewer. (Elsabé Louw, Gemeentebestuurder, 23.05.2016).

ALGEMEEN

E-POSADRES VERANDERING

Die NG gemeente Wespoort in Danville, Pretoria se nuwe e-posadres is: ngwespoort@telkomsa.net en wespoort@telkomsa.net (R Botha, Skriba, 20.05.2016).

UNIVERSITEIT PRETORIA SE TEOLOGIESE FAKULTEIT

Dr Jacobus Adriaan Myburgh van Wierdapark is op 28 April benoem as Hoof Kerkeie Opleiding by die Kuratorium van die NG Kerk aan die Universiteit Pretoria. (Ds Nico van Rensburg, Skriba, 11.05.2016).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top