Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Is dit ‘So spreek die Here?’

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Johan Kuhn van Clubview skryf:

Ek, 75 jaar jonk (oud), is ’n voetsoolvlak-, gedoopte, aangeneemde, sonder-in-diepte-teologiese-kennis NG lidmaat. Hoe my pad vorentoe lyk, weet ek vir seker. Hierdie sekerheid het ek bekom sonder in-diepte teologiese kennis.

Ek dank God dat ek op hierdie stadium van my lewe nog verseker is van my pad vorentoe, ten spyte van die verwarring/dwaling en wat ook al ek as ’n NG Kerk lidmaat mee gepeper word.

Om maar enkele verwarrings uit te lig: die tien gebooie is nie meer relevant nie, die argumente oor die Belhar-belydenis en deesdae die selfdegeslagdiskoers.

Week vir week is daar argumente vir en teen deur doktore en dominees in Kerkbode.

Wat moet ek as voetsoolvlak-lidmaat glo of nie glo nie?

Ek lees gereeld Kerkbode en is verstom oor die teoloë se argumente teen en vir sekere aspekte uit dieselfde Bybel.

Wie moet ek glo?

In Kerkbode van 3 Junie 2016 se gay-debat is dr Charlene van der Walt en dr Dawie Botes aan die woord en het ek vir beide kommentaar.

Dr Charlene van der Walt, kyk Dinsdagoggende 10:00 na The Nanny wat op e-TV uitgesaai word en sien waarheen ons op pad na is met ons jeug.

Dr Dawie Botes, dit is predikante soos jy wat my nog nie die NG Kerk laat verlaat het, soos my kinders nie. (Dis tyd om op te staan vir die Woord van die Here, so help my God.)

Is al hierdie diskoerse werklik bydraend tot die uitbreiding van God se koninkryk op aarde?

My vraag na elke erediens wat ek bywoon is deesdae: Is dit “So spreek die Here”?


Lesers kan briewe rig aan Die Redakteur, Kerkbode en dit na kerkbode@tydskrifte.co.za stuur. Korter briewe, verkieslik nie langer as 300 woorde nie, geniet voorkeur by plasing. Briewe sal redaksioneel versorg word en kan ook verkort word.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top