Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Amptelike Nuus – 1 Augustus

NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES

BEROEP – Ds Henning Rademeyer van Kameelboom na Randfontein-Noord.

AANVAAR – Dr Chris Malan van Lynnwoodrif na Kleinmond; ds Henning Rademeyer van Kameelboom na Randfontein-Noord; prop Fralene van Zyl (gebore Botha) na Krugersdorp-Oos.

OOS-KAAPLAND

SINODESITTING

Die twaalfde gewone vergadering van die Sinode van die NG Kerk in Oos-Kaapland vind op 31 Oktober tot 3 November 2016 by die Willows Konferensiesentrum in Port Elizabeth plaas. (Danie Mouton, Skriba, 25.07.2016).

NOORD-KAAPLAND

RINGSITTING

Die agt en sestigste gewone ringsitting van die Ring van Kenhardt vind op 14 Augustus 2016 te Marchand plaas. (Elize Smit, 21.07.2016).

KWAZULU-NATAL

RINGSVERGADERING

Die nege en vyftigste vergadering van die Ring van Vryheid vind op 28 Augustus 2016 om 12:00 te Vryheid-Wes plaas. (Ds JH Hattingh, RS, 14.07.2016).

VRYSTAAT

BEVESTIGING

Prop Pieter Mohr van Niekerk is as leraar in ’n vaste termynpos van twee jaar in die NG gemeente Kroonheuwel-Noord op Sondag, 24 Julie 2016, bevestig. Hy het by dieselfde geleentheid sy intreepreek gelewer. (Christo Weideman, RS, 18.07.2016).

EMERITAAT

Ds Chris Schutte van die NG gemeente Brandfort het op Sondag, 31 Julie emeritaat aanvaar. Hy het sy afskeidspreek by dieselfde geleentheid gelewer. (Bertus Celliers, 19.07.2016).

WES-TRANSVAAL

BEVESTIGING

Ds Henning Rademeyer word as leraar in die NG gemeente Randfontein-Noord op Sondag, 4 September 2016 bevestig. (Lena Reyneke, 22.07.2016).

BEVESTIGING

Prop Fralene van Zyl (gebore Botha) is op Sondag, 31 Julie 2016, as derde leraar in die NG gemeente Krugersdorp-Oos bevestig. (Erika de Beer, Inligtingsbeampte, 28.07.2016).

RINGSITTING

Die agt en sewentigste vergadering van die Ring van Lichtenburg vind op Maandag, 5 September 2016, om 08:30 by die NG gemeente Lichtenburg-Oos plaas. (Annalien Wilson, 20.07.2016).

HOËVELD

BEVESTIGING

Ds Dirk Human word op 7 Augustus 2016 om 09:30 in die NG gemeente (Sunwardpark Gemeenskapskerk) bevestig. (Christa Laing, 28.07.2016).

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top