NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Prop Landi Botha na Mootvallei; Karin Steyn van Pretoria-Faerie Glen na Tygerpoort (Pretoria).
AANVAAR – Prop Landi Botha na Mootvallei.
WES-KAAPLAND
BEVESTIGING
Prop Petrus Francois Maritz is as leraar (Termyn- bepaalde Jeugpos) in die NG gemeente Ceres op 31 Julie 2016 bevestig. (Lucia Brand, skriba, 02.08.2016).
BEVESTIGING
Dr Chris Jones en dr Nadia Marais word as gekoppelde leraars aan die NG gemeente Stellenbosch-Welgelegen op Sondag 21 Augustus 2016 om 09:30 by Stellenbosch-Welgelegen gemeente bevestig. Nadia Marais sal ook as teologiese dosent van die Fakulteit Teologie aan die Stellenbosch Universiteit bevestig word. (Christelle Otto, skriba, 11.08.2016).
RINGSITTING
Die agt en veertigste gewone sitting van die Ring van Namakwaland vind op Sondag, 21 Augustus 2016 en Maandag 22 Augustus 2016 by die NG gemeente Kammieskroon plaas. (Nadine Maletzki, RS, 08.08.2016).
NOORD-KAAPLAND
RINGSITTING
Die 54 ste gewone ringsvergadering van die Ring van Warrenton vind plaas op Maandag 29 Augustus 2016 te NG gemeente Hartskroon. (Martin Coetzer, RS, 10.08.2016).
RINGSITTING
Die sewe en vyftigste gewone vergadering van die Ring van Upington vind op 28 Augustus 2016 te Oranjevallei plaas. (Ds Theunis E Smit, RS, 02.08.2016).
NOORDELIKE SINODE
BEVESTIGING
Prop Landi Botha is as leraar in die NG gemeente Mootvallei op 14 Augustus 2016 bevestig. Sy het haar intreepreek by dieselfde geleentheid gelewer. (Ann Trollip, 05.08.2016).
RINGSITTING
Die nege en twintigste gewone sitting van die Ring van Sesmylspruit vind op Maandag 22 Augustus en Dinsdag 23 Augustus te NG gemeente Wierdapark-Suid plaas. (DB de Vos, RS, 04.08.2016).