Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Amptelike Nuus – 30 Augustus


NG KERK

BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES

BEROEP – Prop Konette Louw na Vredenburg-Akkerdyk; ds Hendrik Jacobus Niemand (Cobus) van Vanderbijlpark-Wes na Potchefstroom-Mooirivier.

AANVAAR – Prop Konette Louw na Vredenburg-Akkerdyk; ds Hendrik Jacobus Niemand (Cobus) van Vanderbijlpark-Wes na Potchefstroom-Mooirivier.

WES-KAAPLAND

BEVESTIGING

Prop Konette Louw is as leraar in die NG gemeente Vredenburg-Akkerdyk op 21 Augustus 2016 bevestig. (Liesel Botes, RS, 16.08.2016).

RINGSITTING

Die honderd-twee-en-twintigste vergadering van die Ring van Beaufort vind DV op Vrydag, 9 September 2016 in die NG gemeente Gamkavallei in Beaufort-Wes plaas. (Herman Burger, RS, 23.08.2016).

Die elfde gewone ringsitting van die Ring van die Wesland Verenigde Ring vind op 6 September 2016 te NG gemeente Laaiplek plaas. (Liesel Botes, RS, 12.08.2016).

Die vyftigste gewone vergadering van die Ring van Piketberg vind plaas op Maandag, 19 September 2016 om 14:00 te Piketberg. (JC van Schoor, RS, 16.08.2016).

Die 39ste vergadering van die Ring van Swartland vind vanaf Sondag 4 September 2016 tot Maandag 5 September te NG gemeente Wellington-Noord plaas. (Ds JFW Claassen, RS, 24.08.2016).

OOS-KAAPLAND

BEVESTIGING

Ds Kobus Kloppers word as leraar in die NG gemeente Burgersdorp op Saterdag, 3 September 2016 bevestig. Hy lewer sy intreepreek Sondag, 4 September 2016 (Liana van Aardt, 17.08.2016).

NOORD-KAAP

RINGSITTING

Die nege-en-sewentigste ringsitting van die Ring van Griekwastad vind op Sondag, 04 September en Maandag, 05 September 2016 te Plooysburg plaas. (Mev J du Preez, RS, 26.08.2016).

KWAZULU-NATAL

SINODESITTING

Die sewe-en-negentigste Sinodevergadering van die NG Kerk in KwaZulu-Natal vind op 10-13 Oktober 2016 by die NG gemeente Hayfields te Pietermaritzburg plaas. (Marinda Meyer, 05.08.2016).

WES-TRANSVAAL

BEVESTIGING

Ds Hendrik Jacobus Niemand (Cobus) word as leraar in die NG gemeente Potchefstroom-Mooirivier op Sondag 25 September 2016 om 09:00 bevestig. Sy intreepreek vind by dieselfde geleentheid plaas. (Estie Matthews, 24.08.2016).

ALGEMEEN

Ds CC Scheepers het bedank by die NG gemeente Strubenvale en ook bedank uit die NG Kerk. (Liana Burgers, 16.08.2016).

Ds Coenraad Daniel Smit verloor sy bevoegdheid as gevolg van sy bedanking as leraar van die NG Kerk. (Dewyk Ungerer, 17.08.2016).

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Kopiereg © Kerkbode 2025

Scroll to Top