NG KERK
BEROEPE NA NG KERK-GEMEENTES
BEROEP – Prop CE Karsten na St Stephen’s; prop AHG Smith na Wilgespruit; ds Karel van der Westhuizen van Doornpoort na Paarl-Vallei; ds Jan van Heerden na Meiringspark en Elandia (kombinasiegemeente).
AANVAAR – Prop CE Karsten na St Stephen’s.
WES-KAAPLAND
RINGSVERGADERING
Die NG en VG Kerk se ringe van Tulbagh het saam 8 en 9 September 2016 by die NG gem PA Hamlet vergader. (André O’Kennedy, RS, 26.08.2016)
Die Ring van Caledon se Ringsitting het op Sondag, 11 en 12 September 2016 by die Mizpah-Jeugterrein in Grabouw plaasgevind. Jan Bronkhorst, RS, 30.08.2016).
Die negentigste gewone vergadering van die Ring van Clanwilliam het op 11 en 12 September te Strandfontein plaasgevind. (Daniel van Zyl, 31.08.2016).
BEVESTIGING
Prop CE Karsten is as leraar in die NG gemeente St Stephen’s op 21 Augustus 2016 bevestig. (Roelien Karsten, 26.08.2016)
Ds Jan Bronkhorst is as leraar in die NG gemeente Stanford op 14 Julie 2016 bevestig. (Jan Bronkhorst, RS, 30.08.2016)
DEMISSIE
Ds Bossie Muller van Op-die-Berg het op 18 September 2016 sy afskeidspreek gelewer en ook akte van demissie by emeritaat vir 30 September 2016 ontvang. (André O’Kennedy, RS, 13.09.2016).
Ds Bennie Verster van Goudini lewer op 25 September 2016 sy afskeidspreek en ontvangs sy akte van demissie by emeritaat vir 31 Oktober 2016. (André O’Kennedy, RS, 13.09.2016).
OOS-KAAPLAND
BEVESTIGING
Ds Mattheϋs Human Langenhoven is as leraar in die NG gemeente Humansdorp (Moedergemeente) op 21 Augustus 2016 bevestig. (Johann du Plessis, Skriba, 22.08.2016).
WES-TRANSVAAL
RINGSVERGADERING
Die nege-en-vyftigste gewone sitting van die Ring van Vereeniging vind op 17 Oktober 2016 by Three Rivers Lodge in Vereeniging plaas. (Ds F Cilliers, RS, 15.09.2016).
GEMEENTEKOMBINASIE
Die NG gemeente Elandia en die NG gemeente Meiringspark, beide in Klerksdorp, het in kombinasie gegaan. (Elrie de Beer, 13.09.2016).